’n Ver­sig­ti­ger weg?

Sko­le met ’n Chris­te­li­ke e­tos moet fo­kus op gods­diens­ti­ge prak­ty­ke in sko­le wat nie­mand in die ver­leent­heid stel, do­mi­neer, dwing, teen hul­le dis­kri­mi­neer en hul­le on­wel­kom laat voel nie, skryf Ne­lis Jan­se van Rens­burg van die NG Kerk.

Beeld - - Middelblad -

Die saak oor gods­diens in sko­le het Maan­dag in die hoog­ge­regs­hof be­gin. Die saak is van be­lang vir el­ke lands­bur­ger, Jo­de, Mos­lems, Chris­te­ne, en­so­voorts.

Die saak is ook van groot be­lang vir die­ge­ne wat nie met ’n be­paal­de gods­diens as­so­si­eer nie. Hoe­wel die saak teen ses sko­le wat na be­we­ring bui­te die voor­ge­skre­we wet­li­ke ruim­te gods­diens be­oe­fen, ge­voer word, het die saak groot prak­tie­se en ver­al prin­si­pi­ë­le im­pli­ka­sies.

Die Grond­wet se ar­ti­kel 15 ver­klaar: “(1) Elk­een het die reg op vry­heid van ge­we­te, gods­diens, den­ke, oor­tui­ging en me­ning. (2) Gods­diens­be­oe­fe­ning kan by staats- of staats­on­der­steun­de in­stel­lings ge­skied, mits – (a) daar­die be­oe­fe­ning re­ëls na­kom wat deur die ter­saak­li­ke o­pen­ba­re ge­sag ge­maak is; (b) dit op bil­li­ke grond­slag ge­skied; en (c) by­wo­ning daar­van vry en vry­wil­lig is.”

Die ter­saak­li­ke o­pen­ba­re ge­sag word deur die SA S­ko­le­wet, Wet 84 van 1996, as volg aan­ge­dui: “Vry­heid van ge­we­te en gods­diens in o­pen­ba­re sko­le. Be­hou­dens die Grond­wet en e­ni­ge toe­pas­li­ke pro­vin­si­a­le wet kan gods­diens­be­oe­fe­ning by ’n o­pen­ba­re skool ge­hou word in­ge­vol­ge re­ëls wat deur die be­heer­lig­gaam uit­ge­vaar­dig is, in­dien so­da­ni­ge be­oe­fe­ning op ’n bil­li­ke wy­se ge­skied en by­wo­ning daar­van deur leer­ling en per­so­neel­le­de vry en vry­wil­lig is.”

Daar is in­ge­vol­ge die S­ko­le­wet van 1996 ba­sies net twee soor­te sko­le in Suid-A­fri­ka: O­pen­ba­re sko­le en on­af­hank­li­ke sko­le.

Die he­le fi­lo­so­fie on­der­lig­gend aan ’n o­pen­ba­re skool is dat die ge­meen­skap be­trok­ke is by die skool en dat die ge­meen­skap die e­tos en godsdiensbeleid van ’n skool be­paal.

Die skool­ge­meen­skap word ver­teen­woor­dig deur die be­heer­lig­gaam wat or­de­lik ver­kies word en waar­in per­so­neel­le­de en leer­lin­ge ook ver­teen­woor­dig word. O­pen­ba­re sko­le is dus nie staat­sko­le nie. Dit is ge­meen­skap­sko­le.

Tot dus­ver is die be­gin­sel goed ge­hand­haaf dat be­heer­lig­ga­me in­ge­vol­ge die wet die ge­sag het om die e­tos en godsdiensbeleid van sko­le te be­paal. Maar die vraag is of be­heer­lig­ga­me daar­in slaag om bil­lik te wees en om by­wo­ning van gods­diens­be­oe­fe­ning reg­tig vry­wil­lig te maak, son­der dat daar di­rek of in­di­rek teen kin­ders ge­dis­kri­mi­neer word.

Dit is im­mers wat die Grond­wet en die S­ko­le­wet ver­eis.

Ver­skeie te­o­lo­gie­se vrae word eg­ter nou ook in die ge­sprek oor gods­diens in sko­le ge­vra.

Is dit nie maar pri­mêr ou­ers en ker­ke se ver­ant­woor­de­lik­heid om die gods­diens­ti­ge on­der­rig van kin­ders

te be­har­tig nie?

Is die ge­vaar van in­dok­tri­na­sie by sko­le nie so groot dat ’n ver­sig­ti­ger weg eer­der ge­volg moet word en heel­te­mal weg­ge­doen moet word met gods­diens­on­der­rig en by­voor­beeld ’n Chris­te­li­ke e­tos nie?

Of moet daar dalk net vol­staan word met prof. Ka­der As­mal se des­tyd­se be­leid in 2003 van on­der­rig in ken­nis van die gods­diens­te?

Die die­per te­o­lo­gie­se on­der­skei­dings gaan na­tuur­lik ver­der te­rug, in ons tra­di­sie, van Mar­tin Lut­her se twee ry­ke tot by A.A. van Ru­ler se Re­li­gie en po­li­tiek (1945) waar­in hy gods­diens­ti­ge neu­tra­li­teit van die staat erns­tig be­vraag­te­ken en be­veg.

In la­ter ja­re is hier­die de­bat in Suid-A­fri­ka ver­der ge­voer deur ver­skeie ge­re­for­meer­de te­o­loë in die A­fri­kaan­se sus­ters­ker­ke met die oog daar­op om on­der­skei­dings te tref tus­sen die rol van die kerk en die staat.

Op ’n fi­lo­so­fie­se vlak moet die vraag na neu­tra­li­teit in die on­der­wys eg­ter nou weer ge­vra word.

René Des­car­tes (1596-1650) maak as grond­leg­ger van die mo­der­ne we­ten­skap die aan­na­me dat slegs dit wat waar­neem­baar en meet­baar is,

tot die ter­rein van die we­ten­skap be­hoort, en dat slegs dit wat ab­so­luut se­ker is, as goeie we­ten­skap kan tel.

In­tus­sen het die we­ten­skap een ding on­teen­seg­lik be­wys: dat niks in die we­ten­skap se­ker is nie. Ein­stein het eint­lik al met sy re­la­ti­wi­teits­te­o­rie we­ten­skap­li­ke se­ker­heid nek om­ge­draai.

Lees maar C­har­les Tay­lor se Se­cu­lar Age (2007) om te ver­staan hoe die we­ten­skap ont­bloot is as nie neu­traal nie en nie son­der groot aan­na­mes wat ’n groot in­vloed het op die keu­ses wat by­voor­beeld in na­tuur­we­ten­skap­li­ke on­der­soe­ke ge­maak word nie.

Hy ont­bloot die mo­re­le ho­ë­grond­po­si­sie van ra­si­o­na­li­teit as ’n keu­se vir ’n ge­slo­te­wê­reld­struk­tuur wat op ir­ra­si­o­ne­le aan­na­mes be­rus.

Tay­lor ver­ge­lyk dit met ’n sport­sta­di­on waar­van die dak toe­ge­maak word. Die fik­sa­sie is dan so op die spel­re­ëls dat die wê­reld bui­te die sta­di­on by wy­se van keu­se to­taal bui­te re­ke­ning ge­laat word. Die re­sul­taat is ’n be­per­ken­de ken­nis­leer.

Die aan­na­me dat die on­der­rig van kin­ders in ’n “neu­tra­le we­ten­skap­li­ke ruim­te” kan ge­skied, is daar­om myns in­siens per de­fi­ni­sie vals.

ALeer­lin­ge kom uit hul ou­er­hui­se en wê­reld­bloot­stel­ling met oor­tui­gings en ge­loof, met aan­na­mes en i­dees. So kom hul on­der­wy­sers ook by die skool aan, met oor­tui­gings en aan­na­mes. So skryf an­der on­der­wy­sers ook aan kur­ri­ku­lums en vak­in­hou­de, met aan­na­mes en ’n wê­reld­be­skou­ing. Gods­diens­ti­ge neu­tra­li­teit is ’n mi­te. Selfs se­ku­la­ri­teit be­rus op men­se se oor­tui­gings en aan­na­mes.

En die skeids­reg­ter oor wie se aan­na­mes (en mi­tes) die bes­te is, kan be­slis nie die staat wees nie.

Die so­ge­naam­de staan­ders op ra­si­o­ne­le hoë grond het lank­al tot ’n val ge­kom.

Daar­om is o­pen­ba­re sko­le die reg­te ding vir ’n land met ’n duur ver­wor­we Grond­wet wat ge­lyk­heid en mens­waar­dig­heid re­spek­teer en daar­om vry­heid bied vir ’n di­ver­si­teit van oor­tui­gings.

O­pen­ba­re sko­le moet een­vou­dig ’n keu­se kan maak vir ’n be­paal­de le­wens- en wê­reld­be­skou­ing, e­tos en ge­loofs­oor­tui­ging.

Maar die By­bel en ons land se Grond­wet ver­eis ook ge­reg­tig­heid.

Daar­om be­hoort sko­le met ’n Chris­te­li­ke e­tos van­uit hul diep oor­tui­ging oor hoe God ver­hou­dings tus­sen men­se sien, klip­hard te fo­kus op gods­diens­ti­ge prak­ty­ke in sko­le wat nie­mand in die ver­leent­heid stel, do­mi­neer, dwing, teen hul­le dis­kri­mi­neer en hul­le on­wel­kom laat voel nie.

Daar rus ’n du­re plig op skool­ge­meen­skap­pe wat ge­kies het vir ’n Chris­te­li­ke e­tos vir hul skool om nie só daar­mee om te gaan dat hul­le eer­der “pre­a­ching” as “te­a­ching” be­oe­fen nie.

Die God wat hul­le aan­bid, vra juis groot sen­si­ti­wi­teit vir an­ders­den­ken­des en on­se­ker men­se, ver­sig­tig­heid, deer­nis, ge­reg­tig­heid en lief­de.

Sko­le wat hul gods­diens­ti­ge keu­ses, selfs on­be­doeld, op ’n dwin­gen­de wy­se aan­bied, vol­doen nie aan die ei­se van die wet nie, maar sal ook weer moet dink of hul­le so chris­te­lik is as wat hul­le be­doel om te wees.

La­er­skool­kin­ders op ’n pa­vil­joen ty­dens ’n gods­diens­ti­ge by­een­koms.

Ne­lis Jan­se van Rens­burg is voor­sit­ter van die NG Kerk se mo­de­ra­men.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.