Goeie nuus

Buig en dien, leer Je­sus

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Al­le men­se het die een of an­der wê­reld­beeld. Dit hou ver­band met ons diep­ste oor­tui­gings oor din­ge soos le­we, dood, ruim­te, tyd, spa­sie en men­se.

Wel, Je­sus se wê­reld­beeld, soos wat die e­van­ge­lies dit vir ons be­skryf, is uit­da­gend an­ders as die mees­te men­se s’n. Trou­ens, dit is so­veel an­ders dat hy ge­krui­sig is om hom te pro­beer stil­kry.

In Je­sus se ver­staan van die werk­lik­heid is God die heel be­lang­rik­ste. Ons moet hom bo al­les lief­hê met al­les in ons. Ook is al­le men­se vir Je­sus ewe kos­baar, maak nie saak wat­ter taal hul­le praat of wat hul vel­kleur, ge­slag of so­si­a­le po­si­sie is nie. Juis dit het die gods­diens­ti­ges van daar­die tyd brie­send ge­maak om­dat hul­le eint­lik net om­ge­gee het vir men­se soos hul­self.

Ons durf nie soos hul­le wees nie. Elk­een wat Je­sus na­volg, deel sy wê­reld­beeld. Ons het nie die reg om ons eie self­sug­ti­ge i­dees oor die le­we steeds in stand te hou nie. Ons buig voor God. Ons ag an­der men­se as be­lang­ri­ker as ons­self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.