Ge­skok, maar hy ry ver­der

Fir­ma pro­beer hom op­spoor

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die fietsryer wie se baadjie Maan­dag in die oos­te van P­re­to­ria aan ’n vrag­mo­tor vas­ge­haak het, het glo daar­na op sy fiets ge­klim en ver­der ge­ry.

“Ons het die fietsryer pro­beer op­spoor. Ons het met oog­ge­tui­es ge­praat en al­mal sê die man het net weer op sy fiets ge­klim en ver­der ge­ry,” sê JP Clark, ei­e­naar van CLS So­lu­ti­ons, waar­aan die vrag­mo­tor be­hoort.

Clark het ge­lag toe hy ge­vra is of dit die eer­ste keer is dat so iets met een van sy vrag­mo­tors ge­beur.

“Dit is nie as­of ons rond­ry en fiets­ry­ers met vrag­mo­tors pro­beer haak nie. Ek meen dit was ’n frats­on­ge­luk.”

Hy sê die pad is taam­lik smal waar dit ge­beur het. ’n Paal wat van die vrag­mo­tor uit­ge­steek het, het die fietsryer op die

skou­er van So­lo­mon Mahlangu­ry­laan aan die baadjie ge­haak.

Die fietsryer is van sy fiets af­ge­ruk en het aan die vrag­mo­tor vas­ge­klou, sê Ni­col van der Walt, ’n ei­en­doms­a­gent wat dit sien ge­beur het.

“Dit het ge­lyk of die vrag­mo­tor­be­stuur­der on­be­wus was van wat ge­beur het.”

Die fietsryer het vas­ge­klou en sy be­ne in die lug op­ge­trek so­dat hy nie ge­sleep word nie en mo­to­ris­te het ge­toet om die vrag­mo­tor­be­stuur­der se aan­dag te pro­beer trek.

Van der Walt sê ’n mo­to­ris het voor die vrag­mo­tor in­ge­trek en die vrag­mo­tor laat stil­hou.

“Die fietsryer kon toe sy baadjie los­kry.”

Dit het ge­lyk of die fietsryer on­ge­deerd is, maar hy was ver­ward en ge­skok, sê Van der Walt.

Ro­bert Vo­gel, hoof van die Pe­dal Po­wer As­so­ci­a­ti­on (PPA), sê so iets ge­beur nie ge­reeld nie, maar mo­to­ris­te ry dik­wels bin­ne 1 m van fiets­ry­ers af ver­by.

“Dit is be­lang­rik om te ont­hou dat fiets­ry­ers net so­veel reg het om op die pad te wees as mo­tors en vrag­mo­tors. Fiets­ry­ers word ge­vra om uit hof­lik­heid links te hou, maar pad­toe­stan­de raak hul­le meer as mo­to­ris­te. Die fiets­ry­ers is dus kwes­baar­der op die pad.”

Vo­gel sê die breed­te van die pad, rom­mel en glas wat op die pad lê en selfs wind kan ’n ge­vaar vir fiets­ry­ers in­hou.

Wan­neer ’n vrag­mo­tor te vin­nig en te na aan ’n fietsryer ver­by ry, kan die wind wat ver­oor­saak word hul­le mak­lik van die fiets af­waai.

“Wan­neer mo­to­ris­te ’n fietsryer na­der, moet hul­le kyk hoe­veel ruim­te die ry­er het. As daar te min ruim­te is, wag eer­der ’n oom­blik tot­dat dit vei­lig is om die fietsryer ver­by te steek. Jy sal nie tyd ver­loor as jy ’n paar oom­blik­ke wag nie. Ont­hou dat dit ’n mens met ’n le­we op daar­die fiets is.”

Die PPA het die fietsryer ook ver­geefs pro­beer op­spoor.

Clark sê so­ver hy weet, is die fietsryer nie be­seer nie.

’n Fietsryer klou Maan­dag­og­gend aan ’n vrag­mo­tor in P­re­to­ria­Oos vas na­dat sy baadjie aan die voer­tuig vas­ge­haak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.