S­ko­lier be­seer: Staat moet op­dok

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die pa van ’n seun wie se in­ge­wan­de in 2011 by ’n skool be­seer is toe kin­ders met ’n kom­pres­sor lug by sy a­nus in­ge­spuit het, moet ver­goed word vir die me­die­se uit­ga­wes wat hy vir sy kind be­taal het.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het die de­par­te­ment van on­der­wys in M­pu­ma­lan­ga gis­ter be­veel om bin­ne se­we dae R64 888 aan die pa se pro­ku­reurs te be­taal.

Die pa eis R150 000 van die on­der­wys­de­par­te­ment. Die res van sy eis­saak gaan op 30 No­vem­ber in dié hof voort.

Die hof het op 1 No­vem­ber 2016 be­slis die LUR vir on­der­wys is aan­spreek­lik vir al­le ska­de wat die seun se pa kan be­wys weens ’n voor­val op 17 No­vem­ber 2011 by die Pla­to­rand-skool in Bel­fast, M­pu­ma­lan­ga.

Pla­to­rand is ’n staats­be­heer­de skool vir leer­lin­ge met spe­si­a­le on­der­rig­be­hoef­tes.

Lui­dens die hof­stuk­ke word die seun van­jaar 19 jaar oud.

Die ou­ers het in hul eis­be­son­der­he­de ge­sê ’n mnr. P­ha­la, ’n on­der­wy­ser, was nie dié dag by die kin­ders soos hy moes ge­wees het nie.

Een of meer van die leer­lin­ge het toe ’n kom­pres­sor ge­bruik om hul seun mee aan te rand.

Die ou­ers sê die oor­tre­ders het hul seun aan die arm ge­gryp en hom ge­weld­da­dig voor­oor op ’n ta­fel vas­ge­druk.

Hul­le het die kom­pres­sor se pyp teen sy a­nus ge­druk en toe­ge­laat dat lug “teen ’n hoë druk” in hom ge­pomp word.

Hy het erns­ti­ge in­ge­wandska­de op­ge­doen en sy rek­tum het ge­skeur.

Hy het sy be­wus­syn ver­loor en is eers na die Bel­fast-hos­pi­taal en la­ter na die Mid­del­burg­hos­pi­taal in M­pu­ma­lan­ga ge­bring waar hy ’n nood­o­pe­ra­sie on­der­gaan het.

Die seun was vier dae in die waak­een­heid.

Hy het siel­kun­di­ge skok en ui­ter­ste pyn er­vaar en moes trau­ma­be­ra­ding kry.

Hy sal in die toe­koms ook me­die­se be­han­de­ling en be­ra­ding moet kry, lui die hof­stuk­ke.

Vol­gens die ou­ers is hul seun se eer ook ge­krenk en dit is nie prak­ties om ’n spe­si­fie­ke eis­be­drag daar­voor aan te dui nie.

Die ma ly lui­dens hof­stuk­ke aan de­pres­sie weens die voor­val. Sy eis ska­de­ver­goe­ding van R75 000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.