Ge­dok­ter­de tee uit an­der di­men­sie

Beeld - - Kuns & Vermaak - Da­nie Ma­rais Byklan­ke

Feist – P­le­a­su­re , , , , en Jar­vis Coc­ker & C­hil­ly Gon­za­les – Room 29 , , , ,

Deut­sche Grammophon is meer as ’n pla­te­maat­skap­py. Dis ’n in­stel­ling wat so si­no­niem met klas­sie­ke mu­siek is soos Blue No­te met jazz. Ek het dus on­ge­twy­feld nog nooit ’n rock­ru­briek ge­skryf oor ’n plaat wat deur hier­die Duit­se boeg­beeld van die ho­ge­re mu­siek­kuns uit­ge­reik is nie.

Maar Deut­sche Grammophon het nog nooit ’n al­bum van Jar­vis Coc­ker uit­ge­reik en waar­skyn­lik ook nog nooit een met ’n Pa­ren­tal Ad­vis­o­ry Ex­pli­cit Con­tent-plak­ker op die om­slag nie. Coc­ker, die hoof­san­ger-lied­jie­skry­wer van die B­rit­se kul­tus­groep van die 1990’s Pulp, het ook nog nooit ’n ka­mer­mu­siekal­bum ge­maak waar­op hy hoof­saak­lik deur ’n kla­vier en soms ’n paar stry­kers en flui­te hier en daar be­ge­lei word nie.

En tog is sy en die klas­siek op­ge­lei­de pi­a­nis C­hil­ly Gon­za­les se Room 29: Song Cy­cle a­bout a Pi­a­no in a Ho­tel Room in­tens ge­moeid met die ska­du­kant van rock ’n roll en die droom­ma­sjien. Die mu­siek klink we­lis­waar soos ’n ka­mer­kon­sert vir ’n ge­hoor van een al­leen, maar Coc­ker se li­rie­ke oor die le­we in ’n Hol­ly­wood-ho­tel tas na be­te­ke­nis in daar­die don­ker ka­mers waar­in roc­kers deur die de­ka­des al hul in­hi­bi­sies en var­kies ver­loor het. Van die Eag­les se Ho­tel Ca­li­for­nia tot Co­hen se C­hel­sea Ho­tel is ho­tel­le dié sim­bool van die de­ka­den­te, ro­man­ties ver­lo­re le­we op die lang pad.

Coc­ker en

Gon­za­les se si­klus draai spe­si­fiek om die i­ko­nie­se C­ha­teau Mar­mont in Hol­ly­wood waar Led Zep­pe­lin met Har­leys deur die foy­er ge­jaag het en John Be­lus­hi op 33 aan ’n oor­do­sis oor­le­de is. Coc­ker en Gon­za­les is eg­ter nie in sen­sa­sie ge­ïn­te­res­seerd nie, maar in die pyn­lik in­tie­me ver­ken­ning van ’n ruim­te wat Coc­ker in die ti­tel­snit be­skryf as “A com­for­ta­ble ve­nue for a ner­vous bre­ak­do­wn / A front row se­at for a psy­chic shake­do­wn” – ’n ka­mer in ’n plek ge­bou op ’n fa­bel­ag­ti­ge leu­en waar jy “ice cre­am as main cour­se” kan ge­niet son­der om ooit ver­sa­dig te word.

Room 29 is ’n fas­si­ne­ren­de mu­si­ka­le séan­ce waar­in Coc­ker die spo­ke van Hol­ly­wood reg­deur roem en daar­die ge­wel­di­ge een­saam­heid van die ho­tel­ka­mer­spie­ël tot in die bin­ne­ste wil­der­nis laat staar.

Maar Coc­ker is nie die e­nig­ste in­die­held wat hom­self van­jaar in­druk­wek­kend nuut ver­beel het nie. (Leslie) Feist se P­le­a­su­re is haar eer­ste al­bum se­dert 2011 se Me­tals, maar die lang wag was om­trént die moei­te werd. Dié Ka­na­de­se san­ge­res, wat be­kend ge­word het vir on­weer­staan­ba­re a­we­reg­se oor­wurms soos “Mus­ha­boom” en “1234”, rock op haar jong­ste rou­er en on­voor­spel­baar­der as ooit te­vo­re.

Dis as­of sy haar in­ner­li­ke PJ Har­vey ont­dek het in 11 snit­te wat pyn, angs en twy­fel van bin­ne uit­hol met ge­fluis­ter­de me­lo­dieë wat ont­plof in op­rui­en­de ti­ra­des voor­dat dit sa­ti­ries weg­swenk of ab­rup tot ’n ein­de kom.

En dis die ein­ste Coc­ker en Gon­za­les wat haar op hier­die wil­de nu­we sprong die klan­koer­woud in be­ge­lei.

Coc­ker le­wer ’n hip­no­tie­se mo­no­loog in ’n ver­ras­sen­de wen­ding aan die ein­de van Feist se da­we­ren­de pun­ke­ri­ge o­pus “Cen­tu­ry”. Gon­za­les, wat lank reeds een van Feist se sleu­tel-me­de­spe­lers is, tok­kel weer die kla­wers.

Die kla­vier­klan­ke bly eg­ter in die ag­ter­grond, ter­wyl Feist op die rug van wis­pel­tu­ri­ge me­lo­dieë en hor­ten­de rit­mes tus­sen teer­heid, woe­de en ver­driet slin­ger. Feist was in haar so­lo­loop­baan nog al­tyd die ene styl­vol­le so­fis­ti­ka­sie, maar hier klink sy soms heel weer­loos en by tye oor­wel­dig. Dis as­of haar on­stui­mi­ge e­mo­sies oor die boeg van haar lied­jies kom breek.

So, ver­geet wat jy ge­dink het jy weet van Coc­ker, Deut­sche Grammophon of Feist en trek hul vreem­de nu­we pla­te met ’n oop ge­moed na­der.

Dis se­ker­lik nie al­mal se kop­pie tee nie. Dis im­mers ge­dok­ter­de tee uit ’n heel an­der di­men­sie dié.

Top­snit­te – P­le­a­su­re:

“P­le­a­su­re”

“A Man Is Not His Song” “Cen­tu­ry”

Top­snit­te – Room 29:

“Room 29” “Te­ar­jer­ker” “T­rick of the Lig­ht”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.