Veer­tjie gaan oor meer as die ak­teur, sê Ru­dolf

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Met sy ATKV-Veer­tjie as bes­te ak­teur in ’n dra­ma­reeks of en­kel­dra­ma vir die kort­prent Vryslag, sê Gérard Ru­dolf dit gaan oor meer as net die ak­teur. Dit gaan ook oor die rol­prent in die ge­heel.

Vryslag is ’n kort­prent ge­skryf deur Mar­cel van Heer­den wat in 2015 ge­du­ren­de die Sil­wer­skerm­fees in Kamps­baai ver­toon is en op RSG as ra­di­o­dra­ma uit­ge­saai is.

Van Heer­den se de­buut-ra­di­o­dra­ma het in 2013 die RSG San­lam-ra­di­o­dra­ma­skryf­kom­pe­ti­sie ge­wen.

In die kort­prent ver­tolk Ru­dolf ’n vry­sku­tak­teur.

“Ek ver­een­sel­wig my ui­ter­aard met die ka­rak­ter. Ek dink ons al­mal i­den­ti­fi­seer daar­mee.

“Dit gaan oor hoe om ’n vry­sku­tak­teur van ’n se­ke­re ou­der­dom te wees, die goed wat ’n mens moet doen en hoe em­bar­ras­sing dit soms kan wees. Ek dink wel wat Mar­cel se draai­boek ook so ’n suk­ses ge­maak het, is om­dat dit so sub­tiel is,” sê hy.

Dit is vir hom lek­ker om er­ken­ning van men­se in die be­dryf te ont­vang.

“Dit is goed vir die fliek en CV en pro­fiel, maar aan die ein­de van die dag is dit ’n ge­val van mô­re moet ek weer na ou­di­sies gaan. Jou werk gaan voort.”

Ru­dolf het al dik­wels skur­ke ver­tolk, ka­rak­ters wat men­se die mees­te ont­hou.

“Dit was baie lek­ker om die ak­teur te speel wat nou nie ’n skurk is nie.

“Ek dink in my loop­baan is dit re­de­lik helf­te-helf­te wat goeie ou­ens en skur­ke be­tref. Men­se ont­hou die skur­ke be­ter, want hul­le maak die sto­rie in­te­res­sant. As jy na ’n Ja­mes Bond-fliek kyk, ont­hou jy die skelm. Maar wat ek met Vryslag ge­doen het, is om vir Mar­cel te speel.”

Die ver­tol­king van ’n sleg­te ou is vir hom ’n gro­ter uit­da­ging.

“Om in­te­res­san­te skur­ke te speel, is ’n bie­tjie meer van ’n uit­da­ging. Dis ’n bie­tjie meer kom­pleks. Ek ge­niet dit baie om skur­ke te speel.”

Hy ge­niet skryf net so baie, sê hy. Hy het in 2009 sy dig­bun­del Orp­ha­ned La­ti­tu­des uit­ge­reik toe hy nog in En­ge­land ge­woon het.

Hy woon die af­ge­lo­pe ses jaar in Jo­han­nes­burg.

“My skryf­werk kom al ’n lang pad. Nou, te­rug in SuidA­fri­ka, kan ek in die A­fri­kaan­se po­ë­sie­krin­ge be­weeg. Ek is be­trok­ke by die groep Woor­de­naar. Ons doen ’n soort woord­kuns, maar nie soos men­se daar­aan ge­woond is nie.

“Ons het ’n baie meer a­nar­gis­tie­se of punk-aan­slag. Ons wil dit nie te fyn be­plan nie. Dis meer ’n los kon­glo­me­ra­sie van die stem­me.”

Die groep be­staan uit Ru­dolf, Niel van De­ven­ter, Ka­bous Ver­woed, Paul Rie­kert en Jo­han Jack S­mith. Hul­le bied van­jaar die pro­duk­sie F-Bom Psalms op die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein aan.

“Nou kry ek die kans om vir die eer­ste keer in A­fri­kaans te skryf – wat vir my heer­lik is. Ek skryf draai­boe­ke en pro­sa ook. Skryf­werk lê die naas­te aan my hart.”

F-Bom Psalms ver­ken die land­skap tus­sen die stad en die don­ker ver­la­ten­heid van die plat­te­land.

Dit was baie lek­ker om die ak­teur te speel wat nou nie ’n skurk is nie.

Gérard Ru­dolf

Fo­to: JURGEN MARX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.