Mo­tor ver­pand? Jy kry dalk geld te­rug

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

As jy geld by Al­lied Ca­pi­tal ge­leen het met jou mo­tor as se­ku­ri­teit, gaan jy geld, en dalk selfs jou mo­tor, te­rug­kry.

Die Na­si­o­na­le Ver­brui­ker­s­tri­bu­naal het Maan­dag be­vind dat Al­lied Ca­pi­tal se mo­tor­ver­pand­ske­ma on­wet­tig is.

Al­lied Ca­pi­tal het ’n ske­ma be­dryf in­ge­vol­ge waar­van ver­brui­kers hul mo­tor kon ver­band, maar dit steeds kon be­stuur.

Die Na­si­o­na­le K­re­die­tre­gu­leer­der (NKR) het in ’n on­der­soek be­vind Al­lied Ca­pi­tal oor­tree ver­skeie as­pek­te van die Na­si­o­na­le K­re­diet­wet.

Ver­brui­kers wat Al­lied Ca­pi­tal ge­na­der het vir ’n le­ning moes ver­skeie do­ku­men­te on­der­te­ken.

Een daar­van maak Al­lied Ca­pi­tal da­de­lik die ti­tel­hou­er van die mo­tor. Ver­brui­kers het dan aan Al­lied Ca­pi­tal “huur” be­taal vir die ge­bruik van hul mo­tor. Daar­be­ne­wens is hoë ad­mi­nis­tra­sie­geld ge­hef.

Die ske­ma is wyd ge­ad­ver­teer. Die tri­bu­naal het on­der meer be­vind Al­lied Ca­pi­tal maak al­ler­han­de on­wet­ti­ge

stel­lings in sy ad­ver­ten­sies. Dit sluit in dat ver­brui­kers se kre­diet­sta­tus nie na­ge­gaan sal word nie.

Al­lied Ca­pi­tal doen nou sa­ke as Al­lied Au­to, maar die ad­ver­ten­sies be­vat nie meer die woor­de “no cre­dit checks” nie. Die NKR sê Al­lied Au­to sal aan die tri­bu­naal se be­ve­le ge­hoor moet gee.

Die huur­oor­een­koms, as­ook do­ku­men­te wat ver­brui­kers

voor­af moes on­der­te­ken dat hul­le die mo­tor vry­wil­lig sal prys­gee as hul­le ag­ter­stal­lig raak met hul te­rug­be­ta­lings, is on­wet­tig in­ge­vol­ge die K­re­diet­wet. (Vry­wil­li­ge te­rug­gee van ’n ba­te is wel ’n op­sie as jy ag­ter­stal­lig raak, maar dit mag nie ’n voor­ver­eis­te wees voor­dat ’n le­ning toe­ge­staan word nie.)

Al­lied Ca­pi­tal het nie be­hoor­li­ke be­kos­tig­baar­heids­toet­se op ver­brui­kers ge­doen voor­dat geld aan hul­le ge­leen is nie. Dit kom dus daar­op neer dat die fir­ma le­nings roe­ke­loos toe­ge­staan het – ’n as­pek van die ge­wy­sig­de K­re­diet­wet wat die NKR die af­ge­lo­pe jaar baie nou­ge­set mo­ni­tor.

Ren­te en geld van meer as wat die wet voor­skryf, is boon­op ge­hef en Al­lied Ca­pi­tal se kwo­ta­sies en kre­die­toor­een­koms­te vol­doen nie aan die ver­eis­tes van die wet nie.

Die tri­bu­naal se be­vel is as volg:

Al­lied Ca­pi­tal moet die ske­ma staak.

On­af­hank­li­ke ou­di­teurs moet, op Al­lied Ca­pi­tal se kos­te, aan­ge­wys word om ’n ver­slag oor elk­een van die ver­brui­kers op te stel en om die ren­te en geld wat hul­le te veel be­taal is, te­rug te be­taal.

Al­le mo­tors wat te­rug­ge­neem is, moet te­rug­ge­gee word óf ver­brui­kers moet kon­tant ont­vang in­dien die mo­tor reeds aan ie­mand an­ders ver­koop is.

Die re­gis­tra­sie van Al­lied Ca­pi­tal word vir 18 maan­de op­ge­skort.

Ja­c­que­li­ne Pe­ters, be­stuur­der van on­der­soe­ke en wets­toe­pas­sing by die NKR, sê ver­brui­kers wou nie reg­tig hul mo­tors ver­koop nie – hul­le wou bloot le­nings be­kom, met die mo­tor as se­ku­ri­teit.

Hoe­wel dit nie on­wet­tig is om jou mo­tor te ver­pand nie, is die ma­nier waar­op dit ge­doen is on­wet­tig.

Pe­ters sê men­se word af­ge­raai om hul mo­tor as se­ku­ri­teit vir le­nings te ge­bruik om­dat hul­le die ri­si­ko loop dat hul­le wel hul mo­tor sal ver­loor as hul­le nie die le­nings te­rug­be­taal nie.

Nt­hu­pang Ma­go­le­go, se­ni­or regs­ad­vi­seur van die NKR, sê ver­brui­kers moet daar­op let dat se­ke­re pand­jies­win­kels on­wet­ti­ge geld, soos ber­gings­kos­te, hef. Dit maak die le­nings baie duur.

Pand­jies­win­kels mag slegs 5%-ren­te per maand op die eer­ste le­ning hef en 3% per maand op e­ni­ge vol­gen­de le­nings wat in die­self­de ka­len­der­jaar aan­ge­gaan word.

“Die ver­pand van ba­tes vir le­nings moet i­de­aal ge­spro­ke slegs vir klein be­drae ge­doen word, waar klein ba­tes soos ’n sel­foon of skoot­re­ke­naar ver­pand word.”

Een van Al­lied Ca­pi­tal se ad­ver­ten­sies. Die fir­ma se re­gis­tra­sie by die Na­si­o­na­le K­re­die­tre­gu­leer­der is vir 18 maan­de op­ge­skort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.