Pe­trol­prys: Ju­nie­koue bring dalk warm nuus vir mo­to­ris­te

Beeld - - Sake -

G­lim­lag, want saam met die na­de­ren­de win­ter­koue is goeie nuus vir mo­to­ris­te op pad!

As die pe­trol­prys Dins­dag vir Ju­nie vas­ge­stel sou word, sou dit met 20c per li­ter daal en die die­sel­prys met 21c per li­ter, vol­gens die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds se nuut­ste sy­fers. Mo­to­ris­te moet eg­ter nog 2½ we­ke – tot 2 Ju­nie – wag voor­dat die brand­stof­pry­se vir Ju­nie vas­ge­pen word. Dit sal op 7 Ju­nie van krag word.

Die da­ling in die brand­stof­pry­se word ver­wag na­dat die rand die af­ge­lo­pe week of wat merk­waar­dig her­stel het.

Teen Dins­dag­og­gend sou ’n dol­lar jou R13,08 kos na­dat dit vroe­ër in Mei by R13,65 ge­draai het.

Boon­op het die prys van B­rent­ru­o­lie die laas­te paar we­ke tot $46,22 per vat ge­daal. Dins­dag was dit ’n steeds lae $52,07 per vat.

Die Au­to­mo­biel­As­so­si­a­sie (AA) waar­sku dat dit baie moei­lik is om brand­stof­pry­se te voor­spel om­dat so­wel die rand­dol­lar­wis­sel­koers as o­lie­pry­se op die oom­blik baie wis­sel­val­lig is.

Vir eers lyk dit as­of ver­brui­kers gaan “wen”, “maar ons sal nie te veel op dié sy­fers staat­maak nie, om­dat baie teen die maand­ein­de kan ver­an­der,” lui ’n ver­kla­ring.

Die AA sê ook dit lyk as­of die Or­ga­ni­sa­sie vir Pe­tro­le­umuit­voer­lan­de pro­duk­sie­per­ke ná Ju­nie gaan voort­sit, wat die o­lie­prys dalk weer sal op­druk. – Han­lie S­tad­ler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.