Rand na­der siel­kun­di­ge vlak van R13 teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar

Beeld - - Sake - – Han­lie S­tad­ler

Die dol­lar is op die ag­ter­voet teen­oor by­na al­le geld­een­he­de – en dit is goeie nuus vir die rand.

Die rand het Maan­dag vir die eer­ste keer se­dert 26 A­pril tot on­der R13,20 per dol­lar ver­sterk en gis­ter sy krag­lo­pie voort­ge­sit.

Laat­mid­dag sou ’n dol­lar jou R13,10 kos, maar dit het nog nie ge­lyk as­of die rand deur die siel­kun­di­ge vlak van R13 per dol­lar sou breek nie.

’n Re­de vir die ver­ster­king van die rand is die sty­ging in die o­lie­prys, hoe­wel B­rent­ru­o­lie steeds be­son­der goed­koop is op na­ge­noeg $52 per vat.

Ook die sty­ging in an­der hulp­bron­pry­se help die rand, en so ook die sty­ging in aan­deel­pry­se wê­reld­wyd.

“Die groot­ste aan­dry­wer van dié lo­pies is die swak­ker as ver­wag­te A­me­ri­kaan­se in­fla­sie­sy­fer,” sê P­hil­lip Pe­ar­ce, ver­han­de­laar by T­re­a­su­ryO­ne.

Die VSA se ver­brui­kers­prys­in­fla­sie­koers was in A­pril 2,2%, maar kernin­fla­sie het tot 1,9% ge­daal (van 2% in Maart). Dié da­ling laat die vraag ont­staan of die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed) wel in Ju­nie A­me­ri­ka se ren­te­koers moet ver­hoog.

Lae ren­te­koer­se in die VSA is goeie nuus vir ont­lui­ken­de lan­de soos SuidA­fri­ka, waar oor­se­se be­leg­gers ’n gro­ter op­brengs kan ver­dien. Ree­z­wa­na Su­mad van Ned­bank sê R12,93 per dol­lar is ’n teg­nie­se weer­stands­vlak – as die rand daar­deur kan breek, kan dit ver­der ver­sterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.