Nas­pers be­lê R5,6 mjd. in De­li­very He­ro, Duit­se kos­af­le­wer­diens

Beeld - - Sake -

Nas­pers gaan €387 mil­joen (so­wat R5,6 mil­jard) be­taal vir ’n min­der­heids­be­lang in De­li­very He­ro, ’n voor­ste in­ter­na­si­o­na­le aan­lyn diens vir kos­be­stel­lings en ­af­le­we­rings.

Nas­pers sal deur een lid in dié Duit­se maat­skap­py se di­rek­sie ver­teen­woor­dig word.

Die groot­te van die be­lang is nie be­kend ge­maak nie.

In 2016 het De­li­very He­ro vol­gens Nas­pers 171 mil­joen be­stel­lings in meer as 40 lan­de ver­werk. Dit is 65% meer as die vo­ri­ge jaar, en dit maak van De­li­very He­ro die voor­ste spe­ler in sy mark. Hy is die groot­ste voed­sel­net­werk ter wê­reld met meer as

150 000 re­stau­ran­te en voor­ste han­ dels­na­me, soos foo­do­ra, Ye­mek­se­pe­ti, Ta­la­bat.com en piz­za­on­li­ne as ven­no­te, sê Nas­pers.

“Kos­be­stel­ling en ­af­le­we­ring bied ’n aan­lok­li­ke ge­leent­heid vir ons,” sê Bob van Di­jk, uit­voe­ren­de hoof van Nas­pers. “Dit is ’n groot en groei­en­de mark wat on­der­be­dien is en met po­ten­si­aal vir suk­ses in ’n wye ver­skei­den­heid van ge­bie­de wat Nas­pers reeds goed ken.”

Van Di­jk sê De­li­very He­ro het al aan­sien­li­ke vor­de­ring ge­maak in som­mi­ge mark­te. Nas­pers se ken­nis en er­va­ring in hier­die mark­te, te­sa­me met De­li­very He­ro se plat­form, “po­si­si­o­neer ons goed om die voor­ste in­ter­na­si­o­na­le plat­form vir kos­be­stel­ling en ­af­le­we­ring te bou”, sê Van Di­jk. – Niel Jou­bert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.