Chroom­pry­se be­voor­deel T­ha­ri­sa sterk

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood – Fran­cois Wil­li­ams

Die mas­sie­we sty­ging in chroom se kon­sen­traat­pry­se het T­ha­ri­sa se we­sens­ver­dien­ste per aan­deel met 1 500% tot $0,16 vir die half­jaar tot ein­de Maart laat groei.

Die maat­skap­py, wat chroom en pla­ti­num­groep­me­ta­le (PGM) na­by Rus­ten­burg in Noord­wes ont­gin, se aan­deel­prys het gis­ter met meer as 7% tot R18,50 op die JSE ge­styg.

T­ha­ri­sa het gis­ter in ’n Sens­ver­kla­ring ge­sê die on­ge­ken­de sty­ging in die kon­sen­traat­prys die af­ge­lo­pe 12 maan­de, wat in ’n sta­di­um so hoog as $390 per ton ge­styg het, is tot sy voor­deel.

Die ge­mid­del­de prys wat T­ha­ri­sa in die half­jaar ver­dien het, is 162,3% ho­ër teen $278 per ton teen­oor ’n jaar te­vo­re. Die ge­mid­del­de prys van PGM wat hy ver­dien het, was ook

10,8% ho­ër teen $760 per ons.

Die T­ha­ri­sa-myn is ’n groot oop­groef­myn met ’n leef­tyd van 18 jaar. Dit kan wel met nog 40 jaar ver­leng word.

Die maat­skap­py se in­kom­ste het met 103,6% tot $175,1 mil­joen en sy ver­dien­ste voor ren­te, be­las­ting, waar­de­ver­min­de­ring en a­mor­ti­sa­sie (e­bit­da) met 451,0% tot $81 mil­joen ge­styg.

Sy be­dryfs­wins het met 559,4% tot $69,9 mil­joen en sy wins voor be­las­ting het met 1 417,8% tot $68,3 mil­joen ge­styg.

T­ha­ri­sa sê hy neem nou die be­heer van die be­dry­wig­he­de by sy myn by die kon­trak­teurs oor. Hy het ná die ein­de van dié half­jaar oor­een­koms­te met twee kon­trak­teurs aan­ge­gaan om toe­rus­ting te koop en hul werk­ne­mers oor te neem.

T­ha­ri­sa sal R303,3 mil­joen vir toe­rus­ting aan MMC Con­trac­tors, die hoof­kon­trak­teur, be­taal en al 900 werk­ne­mers oor­neem. Hy hoop om dié pro­ses voor die ein­de van die 2017boek­jaar af te han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.