SAL ver­loor R31 mil­joen weens sta­king

Beeld - - Sakenuus -

Die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) het R31 781 701 ver­loor toe le­de van die South A­fri­can Ca­bin C­rew As­so­ci­a­ti­on (Sac­ca) op 26 A­pril ge­staak het.

Dit is vol­gens Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, in ant­woord op Mal­colm Figg van die DA se vraag in die par­le­ment.

Hy het nie ver­der daar­oor uit­ge­wei nie.

Die SAL het kli­ën­te en be­lang­heb­ben­des op 25 A­pril ge­waar­sku hy het ’n ken­nis­ge­wing van een van die vak­bon­de wat sy ka­juit­be­man­ning ver­teen­woor­dig, ont­vang dat hul­le be­plan om te staak.

Die ar­beids­hof het op 3 Mei ’n fi­na­le be­vel ten guns­te van die SAL teen Sac­ca en sy le­de toe­ge­staan.

Dit was na­dat die hof ’n tus­sen­tyd­se be­vel op 26 A­pril ten guns­te van die SAL toe­ge­staan het.

Die be­vel het Sac­ca en sy le­de ver­bied om met e­ni­ge ny­wer­heids­op­tre­de te be­gin en sou hul­le dit doen, sou dit ’n on­wet­ti­ge sta­king wees.

Ver­lie­se

Bu­si­nessLi­ve het Maan­dag be­rig die SAL se ver­lies vir die 2017-’18-boek­jaar gaan na ver­wag­ting R853 mil­joen wees, wat

be­dui­dend min­der is as wat ver­wag is.

Die SAL het voor­heen in ’n in­kom­ste­staat wat aan die par­le­ment se staan­de komitee oor fi­nan­sies voor­ge­lê is, ge­sê hy gaan ’n ver­lies van R4,49 mil­jard

aan­te­ken.

Dit is as ge­volg van on­ver­wag­se ver­an­de­rin­ge in die wis­sel­koers, wat ’n im­pak op die maat­skap­py se fi­nan­si­ë­le sta­te ge­had het.

Die SAL moet van­dag sy kwar­taal­ver­slag aan die komitee voor­lê.

Gi­ga­ba het ver­le­de week in ’n vraag-en-ant­woord­ses­sie in die par­le­ment ge­sê die SAL se aan­hou­den­de ver­lie­se moet drin­gend aan­dag kry.

Hy be­klem­toon dat die na­si­o­na­le te­sou­rie daag­liks aan­dag aan die SAL gee om sy geld­sa­ke weer vol­hou­baar te maak.

Hy sê die te­sou­rie her­oor­weeg die SAL se plaas­li­ke, in­ter­na­si­o­na­le en streek­roe­tes, met in­ag­ne­ming van die kos­te van brand­stof en die ver­kry­ging van diens­te om kos­te te be­snoei. – Fin24

Een van die SAL se vlieg­tuie styg op by die John F. Ken­ne­dy­lug­ha­we in New York. Fo­to: BLOOM­BERG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.