Vars lug ver­be­ter pro­duk­ti­wi­teit en kog­ni­tie­we funk­sies, toon stu­die

Beeld - - Sakenuus -

Tot­dat jou werk­ge­wer ’n be­ter ven­ti­la­sie­stel­sel in die kan­toor ge­ïn­stal­leer het, kan jy die hoë vlak van bin­nens­hui­se be­soe­de­ling en kool­suur­gas in kan­to­re met swak ven­ti­la­sie die skuld gee vir jou swak den­ke en lae pro­duk­ti­wi­teit.

Al­mal weet ’n bie­tjie vars lug laat jou be­ter voel en dus ook be­ter pres­teer, maar dit het ’n u­ni­ver­si­teit­stu­die ge­kos om die slim men­se daar­van te oor­tuig.

Lin­da T­rim, di­rek­teur van die werk­plek­spe­si­a­lis­te Gi­ant Le­ap, sê in ’n ver­kla­ring goeie ven­ti­la­sie is dik­wels die laas­te ding waar­aan men­se dink wan­neer nu­we kan­to­re ont­werp word. “Maar dit be­hoort ’n veel be­lang­ri­ker as­pek te wees om­dat die mees­te men­se 90% van hul tyd bin­nens­huis deur­bring.”

Na­ma­te ge­boue e­ner­gie­doel­tref­fen­der ge­word het, het hul­le ook meer lug­dig ge­word en die po­ten­si­aal vir swak bin­nens­hui­se lug­ge­hal­ te het toe­ge­neem.

T­rim sê ’n stu­die deur Har­vard se skool van o­pen­ba­re ge­sond­heid en die U­ni­ver­si­teit van Sy­ra­cu­se het ge­wys be­ter lug­ge­hal­te in kan­toor­ruim­tes kan die wer­kers se kog­ni­tie­we funk­sies aan­sien­lik ver­be­ter. Selfs ’n ma­ti­ge ver­be­te­ring kan vol­gens die stu­die die ge­hal­te van be­sluit­ne­ming van wer­kers ver­be­ter. Denk­toet­se is ge­doen tus­sen groe­pe men­se wat in kan­to­re met goeie ven­ti­la­sie werk, ver­ge­le­ke met men­se wat in ruim­tes met ho­ër kool­suur­gas­vlak­ke werk en wat die ti­pie­se kan­toor­ruim­te ver­teen­woor­dig. Die toets­pun­te van die deel­ne­mers in die be­ter ge­ven­ti­leer­de om­ge­wings was ge­mid­deld dub­beld dié van die men­se wat in tra­di­si­o­ne­le kan­toor­ruim­tes ge­toets is.

“Be­ter lug­ge­hal­te is ’n een­vou­di­ge, dog doel­tref­fen­de ma­nier om meer uit men­se te kry en hul­le te help om be­ter en meer e­ner­giek te voel,” sê T­rim.

Lui­dens ’n nu­we stu­die help vars lug om werk­ne­mers se pro­duk­ti­wi­teit te ver­hoog. Fo­to: PIXABAY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.