Re­a­lis­ties wees’ oor grondhervorming

Rol­spe­lers ‘moet

Beeld - - Sake - Vi­da Booy­sen

Grondhervorming en trans­for­ma­sie in die land­bou­sek­tor moet ver­snel, maar rol­spe­lers moet re­a­lis­ties wees oor die doel­wit­te wat in ’n be­perk­te fis­ka­le om­ge­wing be­reik kan word.

Dié plei­dooi is deur T­heo Bos­hoff, be­stuur­der van reg­s­in­lig­ting by Ag­biz, ge­le­wer na­dat die kon­sep­wy­si­gings­wets­ont­werp vir die Her­stel van Grond­reg­te van 2017, ’n pri­va­te­le­de­wets­ont­werp, by die par­le­ment in­ge­dien is om die Wy­si­gings­wet van 2013 te ver­vang.

Die wets­ont­werp is die af­ge­lo­pe week vir kom­men­taar be­skik­baar ge­stel en maak voor­sie­ning daar­voor dat grond­ei­se vir nog ’n tyd­perk van drie jaar, tot 10 Ju­nie 2021, kan her­o­pen.

Bos­hoff sê Ag­biz het net tot oor­mô­re kans om daar­op kom­men­taar te le­wer.

Dié pri­va­te­le­de­wets­ont­werp volg na­dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof op 28 Ju­lie ver­le­de jaar die Wy­si­gings­wet op die Her­stel van Grond­reg­te van 2013 on­gel­dig ver­klaar het. Dit was na­dat die Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies (NRP) te min ge­leent­heid vir o­pen­ba­re deel­na­me in die wet­ge­wen­de pro­ses ge­skep het.

Die lang tyd­perk wat dit neem om ei­se af te han­del, kwel Bos­hoff en hy wys daar­op dat so­wat 7 500 ei­se wat vóór 1998 in­ge­dien is, steeds nie af­ge­han­del is nie. “Dit skep voort­du­ren­de on­se­ker­heid wat be­leg­gings in die ka­pi­ta­le ver­be­te­ring van ei­en­dom selfs ver­der kan ont­moe­dig.”

Die hof het wel ’n aan­be­ve­ling ge­doen dat die Grond­ei­se­kom­mis­sie eers ei­se wat voor 31 De­sem­ber 1998 in­ge­dien is, fi­na­li­seer voor­dat nu­we ei­se ver­werk word. “Dis wel baie moei­lik om te sien hoe dié aan­be­ve­ling in die prak­tyk gaan werk, want dit kan by­voor­beeld nie kwyt­skel­ding ver­skaf van ’n nu­we eis wat vir die­self­de ei­en­dom in­ge­dien word nie.”

Hy sê die her­stel­pro­ses is deur ver­skeie mis­luk­kings ge­ken­merk, ver­al reu­se­ver­tra­gings tus­sen die aan­vank­li­ke in­die­ning van die eis en die uit­ein­de­li­ke fi­na­li­se­ring daar­van.

“As die her­o­pe­ning van grond­ei­se nie met kon­kre­te plan­ne ge­paard­gaan om die ge­sloer met die af­han­de­ling van ei­se te be­ëin­dig nie, kan die daar­op­vol­gen­de on­se­ker­heid vir nóg ’n de­ka­de voort­duur – met al hoe meer pla­se waar­op pro­duk­sie ge­staak word.

“Swak be­plan­ning om die oor­drag na be­guns­tig­des vlot te laat ver­loop en om vol­doen­de on­der­steu­ning Met grondhervorming in Suid­A­fri­ka wat nog ’n lang pad het om te gaan, word rol­spe­lers ge­maan om ak­tie­wer te raak met die pro­ses.

aan hul­le te gee, het ver­oor­saak dat die be­guns­tig­des suk­kel om net oor te neem waar die vo­ri­ge ei­e­naars die boer­de­ry ge­los het.

“Die moont­li­ke ge­vol­ge as ver­wag­tin­ge ge­skep, maar nie be­tyds ver­vul word nie, moet baie ver­sig­tig oor­weeg word.”

Hy sê dit is ver­staan­baar dat aan­soe­kers wat al meer as 20 jaar op die af­han­de­ling van hul grond­ei­se wag ge­frus­treerd ge­raak het.

“As die her­o­pe­ning van grond­ei­se nie met ver­be­ter­de diens­le­we­ring ge­paard­gaan nie, sal frus­tra­sie aan­hou groei en die druk op be­leid­ma­kers om ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding toe te pas, sal styg.”

Die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grondhervorming moet die kwes­sie ho­lis­ties be­skou, sê Bos­hoff.

“Die her­stel van grond­reg­te, her­ver­de­ling, be­mag­ti­ging in die land­bou­sek­tor en al die an­der be­staan­de pro­gram­me is ver­on­der­stel om ’n ge­meen­skap­li­ke doel te be­reik.”

Dit be­te­ken dat die voor- en na­de­le van el­ke pro­gram op­ge­weeg moet word om te be­paal hoe die bes­te voor­deel uit ’n be­perk­te be­gro­ting ge­kry kan word “met mi­ni­ma­le ont­wrig­ting ra­ken­de be­leg­gers­ver­troue, ei­en­doms­reg en voed­sel­se­ker­heid”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.