Groot her­stel in op­brengs van myn­bou­aan­de­le ver­wag

Beeld - - Sakenuus -

Voor­uit­skat­tings vir die ver­dien­ste wat Suid-A­fri­kaan­se aan­de­le kan le­wer, is op die hoog­ste vlak tot nog toe met ont­le­ders wat ’n groot her­stel in myn­bou­maat­skap­pye se wins ver­wag.

Dit volg op wê­reld­wye sty­gings in die prys van ver­skeie mi­ne­ra­le­hulp­bron­ne.

“Daar is vir die eer­ste keer in vyf jaar ’n goeie hulp­bron­si­klus. Na­dat die op­brengs­te op myn­bou ’n jaar ge­le­de so laag was, gaan dit nou deur die dak,” sê Way­ne M­cCur­rie, hoof van por­te­feul­je­be­stuur by Ashbur­ton In­ves­t­ments.

“Die ant­woord is ba­sies myn­bou­maat­skap­pye. Daar is ’n groot om­me­swaai in die op­brengs van hulp­bron­aan­de­le. Dit het nie veel met Suid-A­fri­ka te doen nie. Die prys van ys­ter­erts het van $20 per ton tot $60 per ton ge­styg en dit is hoe­kom hul­le geld maak.”

Die JSE se in­deks van al­le aan­de­le het van­jaar reeds met 6,7% ge­styg.

– Bloom­berg

Die JSE in Sand­ton, Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.