De Beers plaas hoop op skou in Las Ve­gas

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

De Beers, ’n fi­li­aal van Ang­lo A­me­ri­can, ver­koop steeds in el­ke ver­koop­si­klus min­der di­a­man­te en plaas nou sy hoop op die han­del­skou in Las Ve­gas, die VSA, vol­gen­de maand.

Die maat­skap­py het gis­ter in ’n Sens­ver­kla­ring ge­sê hy het $520 mil­joen se di­a­man­te ver­koop teen­oor die $586 mil­joen ’n jaar te­vo­re in die vier­de si­klus van die jaar.

Dit is ’n da­ling van net meer as 11%. Dit is ook la­er as die $553 mil­joen se di­a­man­te wat hy in die twee­de en $580 mil­joen wat hy in die der­de si­klus van van­jaar ver­koop het.

Bru­ce C­le­a­ver, uit­voe­ren­de hoof van De Beers, sê in die ver­kla­ring die maat­skap­py bly wel po­si­tief oor die aan­vraag na on­ge­slyp­te di­a­man­te on­ge­ag die ti­pies stil­ler tyd­perk wat die sek­tor nou be­tree het.

“Sen­ti­ment bly po­si­tief soos wat ons na­der aan die be­lang­ri­ke Las Ve­gas-han­del­skou in Ju­nie be­weeg.”

Die han­del­skou in Las Ve­gas in die VSA is ’n jaar­lik­se hoog­te­punt vir di­a­mant­han­de­laars. Fo­to: BLOOM­BERG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.