Lon­min se aan­de­le val wéér soos klip

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

Lon­min se aan­deel­prys het Maan­dag slae op die JSE ge­kry en met 11,56% tot R17,91 ge­val na­dat hy sy half­jaar­re­sul­ta­te tot ein­de Maart be­kend ge­maak het.

Die maat­skap­py het vol­gens Bloom­berg se da­ta op een dag on­ge­veer R700 mil­joen in mark­waar­de ver­loor na­dat dit tot R5,058 mil­jard ge­daal het.

Die maat­skap­py, wat pla­ti­num in ver­al Noord­wes myn, het in die half­jaar ’n be­dryfs­ver­lies van $181 mil­joen aan­ge­te­ken. Dit sluit ’n waar­de­da­lings­kos­te van $146 mil­joen in.

Die waar­de­da­lings­kos­te is weens “ons ver­an­de­ring in voor­uit­sig­te op een­heids­kos­te ge­kom­bi­neer met die ver­ster­king van die rand teen­oor die dol­lar”, sê die maat­skap­py in ’n Sens-ver­kla­ring.

Son­der dié kos­te was die be­dryfs­ver­lies $35 mil­joen teen­oor ’n be­dryfs­ver­lies van $15 mil­joen in die oor­een­stem­men­de tyd­perk in 2016 wat nie ’n waar­de­da­lings­kos­te in­ge­sluit het nie.

Die maat­skap­py het 387 000 t erts in die half­jaar ver­werk, wat 7,6% min­der is as in die oor­een­stem­men­de tyd­perk in 2016. Hy het 47 624 ons pla­ti­num­groep­me­ta­le (PGM) ge­le­wer, wat 13,7% min­der is as in die eer­ste helf­te van 2016.

Lon­min se in­kom­ste is 6% la­er op $486 mil­joen en sy net­to kon­tant­ba­lans is 34% la­er op $75 mil­joen teen­oor ’n jaar ge­le­de.

Hy het geen ver­dien­ste voor ren­te, be­las­ting, waar­de­ver­min­de­ring en a­mor­ti­sa­sie (e­bit­da) ge­le­wer nie.

In­ves­tec-ont­le­ders sê die maat­skap­py se da­len­de li­ki­di­teit be­kom­mer hul­le die mees­te. Die li­ki­di­teit het met 6% tot R447 mil­joen teen­oor die­self­de tyd­perk die vo­ri­ge jaar ge­daal.

Lon­min het die wind die laas­te paar jaar sterk van voor ge­kry. Ná die 2012sta­king, waar­in 44 men­se dood is, in­slui­tend die 34 men­se wat in die Ma­ri­ka­na­slag­ting dood­ge­skiet is, was daar ’n ver­lam­men­de vyf maan­de lan­ge sta­king in 2014, as­ook ’n mis­luk­te me­ga­ni­sa­sie­pro­gram van by­na $1 mil­jard. Dit al­les het ge­paard­ge­gaan met ’n skerp da­ling in die pla­ti­num­prys.

Lon­min se aan­deel­prys het op 14 Fe­bru­a­rie 2014 ’n hoog­te­punt van R739,90 be­reik wat hom toe ’n mark­waar­de van R53 mil­jard ge­gee het.

Hy het die af­ge­lo­pe drie jaar on­ge­veer R47 mil­jard in mark­waar­de ver­loor.

Sy een­jaar­op­brengs is tans -58,92%.

Lon­min se aan­deel­prys op die JSE het van ’n hoog­te­punt van R739,90 op 14 Fe­bru­a­rie 2014 tot R17,91 ge­daal. Fo­to: BLOOM­BERG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.