Skor­sing, siek­te dun Bul­le uit voor Sa­ter­dag

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

RG Sny­man is ge­skors. Piet van Zyl het long­ont­ste­king. En nóg ’n Bul­le-vleu­el kan straks Sa­ter­dag sy Su­per­rug­by-bui­ging maak.

Dit is die ty­ding wat die fran­chi­se gis­ter ge­kry het voor die na­week se stryd teen die Leeus in Jo­han­nes­burg, wat soos ’n berg voor die Lig­blou­es lê.

’n Komitee van die be­heer­lig­gaam San­zaar het Sny­man gis­ter vir vier we­ke ge­skors vir sy roe­ke­lo­se skou­er­loop Sa­ter­dag op ’n High­lan­ders-spe­ler.

Die 22-ja­ri­ge slot het in die 71ste mi­nuut ’n rooi­kaart ge­kry na­dat hy met die skou­er by ’n los­ge­maal skoon­ge­maak het.

Die komitee, be­staan­de uit Ni­gel Hamp­ton, ’n regs­be­amp­te van San­zaar, die voor­ma­li­ge S­pring­bok-vleu­el S­te­fan Ter­volg blan­che en S­te­phen Har­dy, het be­vind Sny­man het hom aan vuil­spel skul­dig ge­maak.

Sy straf kon ses we­ke ge­wees het om­dat hy kon­tak ge­maak het met G­reg P­le­a­sants-Ta­te se kop, maar aan­ge­sien hy vroeg sy skuld be­ken het en ’n skoon re­kord het, is be­sluit vier we­ke is ’n ge­pas­te straf.

Sny­man sal eers op 10 Ju­nie weer kan speel, wat be­te­ken hy sal ook nie aan­staan­de Sa­ter­dag teen die Hur­ri­ca­nes in ak­sie wees nie.

Die High­lan­ders-vleu­el Wai­sa­ke Na­ho­lo, wat ook ’n rooi­kaart ge­kry het vir ’n ge­vaar­li­ke hoog­vat op die Bul­le-sen­ter Bur­ger O­den­daal, is daar­en­teen net vir een week ge­skors.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se af­rig­ter, sê die skor­sing is ’n groot slag vir die span.

“RG het reg­tig die laas­te ruk baie goeie rug­by be­gin speel en jy wil hom in die span hê wan­neer jy teen die Leeus speel.

“Dit is nie goed vir ons nie en hy sal hier­uit moet leer.”

Lood de Ja­ger en Ja­son Jen­kins sal die slot­paar teen die Leeus wees en die 22-ja­ri­ge A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na sal op die bank sit. Dit sal Non­k­ont­wa­na se eer­ste proe­sel Su­per­rug­by wees as hy wel speel­kans kry.

Hy is nie die e­nig­ste jong Turk wat sy bui­ging kan maak nie. Die S­pring­bok-vleu­el Jam­ba U­len­go het vol­gens Ma­rais “vog op die been” en is gis­ter vir ’n skan­de­ring ge­stuur. Die be­lo­wen­de Si­bahle Max­wa­ne, wat vir Tuks uit­ge­blink het in die Var­si­ty­be­ker-reeks, het in U­len­go se plek ge­oe­fen.

Ma­rais sê die Bul­le se me­die­se span sal teen mô­re ’n be­sluit oor U­len­go neem.

Ja­de S­tigh­ling het teen die High­lan­ders sy Su­per­rug­by-de­buut ge­maak in die be­seer­de Tra­vis Is­mai­el se plek.

“Dit was teen die High­lan­ders die jong­ste span wat ons nog in die kom­pe­ti­sie ge­had het, maar die span kan Sa­ter­dag nóg jon­ger wees,” het Ma­rais ge­sê.

Hy moet die week be­sluit of hy A­dri­aan S­trauss weer die lei­sels gaan gee. S­trauss het gis­ter saam met die span ge­oe­fen na­dat ’n voet­be­se­ring hom uit die stryd met die High­lan­ders ge­hou het. Die agt­ste­man Han­ro Lie­ben­berg het die span met on­der­skeid teen die Ki­wi’s ge­lei.

Ja­co Vi­sa­gie het boon­op ge­wys hy is meer as tuis op dié vlak en dit gaan ’n moei­li­ke be­sluit wees om hom uit te laat.

Ru­dy Pai­ge sal die Bul­le se nr. 9-trui dra met Van Zyl wat in die bed is met long­ont­ste­king.

RG Sny­man Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.