Lou­is ver­dien plek in Bok­oe­fen­groep – C­had

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Dis fan­tas­ties dat vier spe­lers van die Sout­hern Kings vir die S­pring­bok-oe­fen­kamp op­ge­roep is, maar waar­om is die skrum­ska­kel Lou­is S­chreu­der nie ook ge­nooi nie?

Dít is die re­ak­sie van C­had Al­cock, ’n voor­ma­li­ge S­pring­bok­en Oos­te­li­ke Pro­vin­sie­skrum­ska­kel, op die nuus dat Li­o­nel Cron­jé, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Chris Cloe­te en An­di­sa Nt­si­la se ta­len­te deur die na­si­o­na­le keur­ders raak­ge­sien is.

“Li­o­nel-hul­le ver­dien be­slis die uit­no­di­ging. Ek is baie bly vir hul ont­hal­we – hul­le het so hard ge­werk om die Kings op die wen­pad te kry,” sê Al­cock.

“Ek is net jam­mer vir Lou­is S­chreu­der. Hy is be­slis on­ge­luk­kig om nie ook daar te wees nie.”

Al­cock sê hy kan by­na nie glo dat dié S­chreu­der, wat nou so goed vir die Kings speel, die­self­de skrum­ska­kel is wat so­veel ja­re vir die S­tor­mers en die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ge­speel het nie.

“Hy het nog al­tyd ’n goeie aan­gee ge­had en sy skop­werk was goed. Maar ek het toe nooit die i­dee ge­kry dat hy die vaar­dig­he­de het om los­voor­spe­lers te laat mis­tas met breek­slae nie,” sê Al­cock.

Die af­ge­lo­pe na­week het die ein­ste S­chreu­der juis weer in sy eie kwart­ge­bied ge­breek wat tot een van die reg­ter­vleu­el Als­haun Bock se drieë ge­lei het.

“Dalk gee die Kings se af­rig­ter (De­on Da­vids) hom die vry­heid om kan­se op die aan­val te waag,” sê Al­cock.

“Die feit is eg­ter dat S­chreu­der dees­dae ’n meer af­ge­ron­de en ’n ge­vaar­li­ker spe­ler is.”

Al­cock was in sy speel­dae be­kend om sy breek­slae.

“Jy moet voel dat die af­rig­ter jou ver­trou. Ne­lie S­mith (wat Al­cock by die OP af­ge­rig het) het al­tyd vir my ge­sê ek moet my voor­ge­voel ver­trou.”

Die OP het toe ’n mon­ster­pak ge­had, met spe­lers soos Bar­ry Pin­nock en Ja­c­ques G­reeff.

“Ja, ons het toe ’n sterk agt­tal ge­had en dit maak die skrum­ska­kel se taak mak­li­ker, maar ek moet sê, die Kings se agt­tal speel vir my nou ook al hoe be­ter,” sê Al­cock.

Vol­gens Al­cock is die ska­kel­kom­bi­na­sie van S­chreu­der en Cron­jé goed op dreef en een van die re­des waar­om die Kings nou suk­ses be­haal.

Al­cock, wat ook vir die Haaie in die des­tyd­se Su­per12-reeks ge­speel het, sê dis ver­bly­dend dat Oos-Kaap­se spe­lers ook as Bok-kan­di­da­te ge­oor­merk word.

“Dit voel vir my par­ty­keer of spe­lers hier in die OosKaap twee maal so hard moet werk voor­dat hul­le raak­ge­sien word,” sê die voor­ma­li­ge nr. 9.

“In my speel­dae was daar blit­si­ge vleu­els hier soos Hen­ry Pe­dro wat nooit deur die na­si­o­na­le keur­ders raak­ge­sien is nie. De­on Kay­ser en Ri­car­do Loub­ser het da­rem hul S­pring­bok-kleu­re ge­kry.”

C­harl Crous, die Kings se be­dryfs­hoof, sê die in­slui­ting van die vier spe­lers is ’n “weer­spie­ë­ling van die har­de werk wat Da­vids en sy af­rig­ting­span en die res van die Kings-spe­lers se­dert die voor­be­rei­ding vir die Su­per-sei­soen in­ge­sit het”.

Da­vids sê dit wys dat die Oos-Kaap “aan­hou om ge­hal­te­spe­lers op te le­wer wat waar­de tot Suid-A­fri­kaan­se rug­by kan toe­voeg”.

Lou­is S­chreu­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.