Melk­baard reis saam met B­lit­se Lon­den toe

Beeld - - Sport -

Die Suid-A­fri­kaan­se se­wes­rug­by­span sal son­der die hulp van die kra­ni­ge voor­spe­ler Tim A­ga­ba hul weg na ’n ses­de toer­nooi­ti­tel in van­jaar se Wê­reld­reeks moet baan.

A­ga­ba het ’n knie­be­se­ring in die B­lits­bok­ke se suk­ses­vol­le deel­na­me aan die toer­nooi in Pa­rys op­ge­doen. Die a­ka­de­mie­spe­ler Mar­co La­bu­schag­ne sal hom vir die na­week se toer­nooi in Lon­den ver­vang. La­bu­schag­ne sluit hom by die B­lits­bok­ke aan as die nie-spe­len­de re­ser­we, met San­di­le Ng­co­bo wat A­ga­ba se plek in die groep van 12 vir die toer­nooi in­neem.

Ng­co­bo was die nie-spe­len­de re­ser­we in Pa­rys, maar moes in die Be­ker-half­eind­stryd en eind­stryd speel na­dat A­ga­ba sy knie be­seer het.

Die 19-ja­ri­ge La­bu­schag­ne sal die ses­de a­ka­de­mie­spe­ler word wat dié sei­soen die kans kry om saam met die B­lits­bok­ke te toer, of­skoon die speel­kans net ge­waar­borg word in­dien ie­mand be­seer sou word.

Die Ju­ni­or S­pring­bok­ke Sel­vyn Da­vids, S­ted­man Gans, Ry­an Oost­hui­zen en De­wald Hu­man het al­mal van­jaar speel­kans ge­kry na­dat se­ni­or B­lits­bok­spe­lers be­seer is.

La­bu­schag­ne, wat ver­le­de jaar aan die Ho­ër­skool Voor­trek­ker in Be­ht­le­hem ge­ma­tri­ku­leer het, het hom van­jaar by die B­lits­bok-a­ka­de­mie in S­tel­len­bosch aan­ge­sluit.

“Ek is baie op­ge­won­de,” sê La­bu­schag­ne oor sy op­roep na die B­lits­bok­groep in Lon­den.

“Hier­die is ’n mas­sie­we ge­leent­heid vir my, al kry ek nou nie die kans om te speel nie. Om saam met die groep te wees en net ’n toer­nooi in die reeks te er­vaar, is reeds ’n groot hoog­te­punt vir my.

“Ek is baie dank­baar vir wat ek tot dus­ver by die a­ka­de­mie kon leer. Ek het as spe­ler ont­wik­kel en ook ge­leer om ge­dul­di­ger te word.

Die af­rig­ters Ma­ri­us S­choe­man en Paul Del­port is baie goed en ek het reg­tig baie van hul­le ge­leer.

Ons al­mal wil bit­ter graag speel, maar ons weet dat ons ge­dul­dig vir die kans moet wag.”

In­tus­sen het Neil Po­well, B­lits­bok-brei­er, ge­sê die aard van A­ga­ba se knie­be­se­ring kon nog nie vas­ge­stel word nie en hul­le wag vir die me­die­se ver­slag.

Die Blou Bul­le, vir wie A­ga­ba van­jaar vyf­tien­man­rug­by gaan speel, sal die los­voor­spe­ler se be­se­ring as ’n te­rug­slag be­skou aan­ge­sien hy hom ná die Wê­reld­reeks by die P­re­to­ri­a­se span sou aan­sluit.

Die ver­wag­ting was dat die B­lits­bok speel­kans in die P­re­to­ri­a­ners se oor­bly­wen­de Su­per­rug­by­wed­stry­de en ook in die Cur­rie­be­ker­reeks sou kry.

A­ga­ba het vroe­ër van­jaar ná ’n en­kel­be­se­ring sy te­rug­keer tot die B­lits­bok­span ge­maak. Hy het die eer­ste ses toer­nooie in die Wê­reld­reeks

mis­ge­loop.

San­di­le Ng­co­bo ver­vang die be­seer­de Tim A­ga­ba in Lon­den. Fo­to: GALLO IMAGES Mar­co La­bu­schag­ne Fo­to: PICASA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.