‘Lam­bie moet self sê oor sy toe­koms’

‘Nie oor hoe­veel keer’

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Pat Lam­bie sal be­slis weer kan rug­by speel, maar hy sal erns­tig moet be­sin oor sy toe­koms en ge­sond­heid.

So sê dr. Ger­hard Vos­loo, ’n sport­ge­nees­kun­di­ge van P­re­to­ria wat spe­si­a­li­seer in die be­han­de­ling van harsingskudding.

Dié S­pring­bok-los­ska­kel het Sa­ter­dag in die Haaie se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth vir die der­de keer se­dert die be­gin van 2016 harsingskudding op­ge­doen.

“As ’n dok­ter is dit baie moei­lik om vir ’n rug­by­spe­ler, ver­al as dit sy be­roep is, te sê hy moet op­hou speel,” sê Vos­loo.

Vos­loo, wat ook as dok­ter by Su­per­rug­by-wed­stry­de diens doen, sê Lam­bie sal dus self moet be­sluit of hy weer wil speel.

“As ’n mens aan­hou­dend harsingskudding op­doen, kan dit le­wens­ge­vaar­lik word. Hy sal hom­self moet af­vra hoe­veel har­sing­skud­dings hy nog gaan toe­laat.”

Vol­gens Vos­loo doen ’n spe­ler ná die eer­ste keer ook mak­li­ker weer harsingskudding op.

“Jou eer­ste slag is ge­woon­lik ’n groot een en dan kry jy al die simp­to­me – naar­heid, kop­seer, ’n swaar ge­moeds­toe­stand. Daar­na kom dit mak­li­ker. Jy hard­loop dalk net in ’n los­skrum in en dan kry jy harsingskudding.

“As jy na Pat se be­se­ring kyk – die hou wat hy ge­kry het, was nie eens so erg op sy kop nie, dit was meer op sy ka­ke­been. Dit was dalk nie ’n hou wat an­der­sins harsingskudding tot ge- sou hê nie,” sê Vos­loo.

Hoe­wel daar nie ’n klink­kla­re re­ël is oor hoe­veel keer ’n spe­ler harsingskudding moet op­doen voor­dat hy moet op­hou speel nie, het Vos­loo sy eie rig­lyn.

“As ’n spe­ler vir die vier­de keer harsingskudding op­doen, raai ek hom ge­woon­lik aan om lie­wer op te hou. Dan raak die ri­si­ko vir lang­ter­myn­pro­ble­me gro­ter.”

Chro­nie­se harsingskudding kan tot erns­ti­ge ge­sond­heids­pro­ble­me lei.

“Dit is ’n reg­ver­di­ge vraag om te vra of hy weer sal speel. Maar net hy sal daar­oor kan be­sluit,” sê Vos­loo.

Lam­bie het in 2016 voor die Su­per­rug­by­reeks in ’n vriend­skap­li­ke wed­stryd teen die Fran­se klub­span Tou­lon harsingskudding op­ge­doen. Net ná sy te­rug­keer, het hy weer erns­ti­ge harsingskudding op­ge­doen in die Bok­ke se eer­ste toets teen Ier­land.

Dr. Jon Pa­tri­ci­os van Jo­han­nes­burg wat ook in harsingskudding spe­si­a­li­seer, stem saam met Vos­loo.

“Daar is nie ’n spe­si­fie­ke aan­tal nie. Jy kan nie sê ’n spe­ler moet ná drie of vier har­sing­skud­dings op­hou nie.” sê hy.

Vol­gens hom is daar baie fak­to­re wat in ag ge­neem moet word. “’n Spe­ler wat drie har­sing­skud­dings in ’n kwes­sie van ’n sei­soen op­doen, is ui­ter­aard an­ders as een wat drie in tien jaar op­doen. Dit hang ook af hoe lank dit die spe­ler neem om te her­stel.”

Lam­bie het ná et­li­ke maan­de van sy vo­ri­ge harsingskudding her­stel.

Pat Lam­bie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.