SA hét huis­werk ge­doen

Al ons op­sies is ge­dek – AB

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die­ge­ne wat dink Suid-A­fri­ka se krie­ket­span is in ’n mak­li­ke groep om­dat hy al die span­ne van die sub­kon­ti­nent as teen­stan­ders het in die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee in En­ge­land sit die pot mis.

“Dit is glad nie die ge­val nie,” sê AB de Vil­liers, die kap­tein van die Suid-A­fri­ka­ners.

“Al die span­ne van die sub­kon­ti­nent het al goed ge­vaar in En­ge­land. In­dië, Pa­ki­stan en Sri Lan­ka het al al­mal daar groot suk­ses be­haal en daar­om is dit ’n wan­op­vat­ting om te dink hul­le sal suk­kel in die En­gel­se toe­stan­de.

“Dit is al­les­be­hal­we ’n mak­li­ke groep om in te wees,” sê De Vil­liers gis­ter in Jo­han­nes­burg.

Die Suid-A­fri­ka­ners het gis­ter na En­ge­land ver­trek vir hul reeks van drie een­dag­stry­de teen En­ge­land, ge­volg deur aan­staan­de maand se toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee. Daar­na word daar drie T20-krag­me­tings teen En­ge­land ge­speel en die marathon van 12 we­ke word met ’n reeks van vier toet­se af­ge­sluit.

Suid-A­fri­ka se eer­ste wed­stryd in die stryd om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee is teen Sri Lan­ka op die O­val in Lon­den, waar­na Pa­ki­stan op Edg­bas­ton in Bir­ming­ham ge­pak word. In­dië is die laas­te wed­stryd in die groep­fa­se, ook op die O­val.

Rus­sell Do­min­go, die Pro­te­as se hoof­af­rig­ter, sê die kits­reeks

teen die En­gel­se gaan ge­bruik word om aan die toe­stan­de van die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee ge­woond te raak.

“Ons sal al 15 spe­lers kans gee en se­ke­re kom­bi­na­sies op die proef stel. Die toe­stan­de van die vel­de waar ons speel, sal groot­liks be­paal hoe die span op daar­die dag sal lyk.

“Wat die kolf­lys be­tref, is die voor­ste ses ge­ves­tig, maar dan sal ons moet be­sluit of ons op ’n se­ke­re dag meer van die veel­sy­di­ge spe­lers of dalk eer­der van die voor­slag-snel­bou­lers sal in­span en ook of daar ruim­te is om al­bei draai­ers te kies,” sê hy.

“Jy moet jou huis­werk baie goed doen in die En­gel­se toe­stan­de, want die veld en blad kan in die mid­dag veel an­ders daar uit­sien as wat dit in die og­gen­de is,” sê hy.

“Se­ke­re van ons spe­lers het ook die laas­te tyd nie veel krie­ket ge­speel nie en moet meer slyp­kans ge­gee word, ter­wyl van die an­der wat meer in die In­die­se P­re­mier­liga (IPL) ge­speel het, weer rus­kans moet kry,” sê Do­min­go.

De Vil­liers glo ook in En­ge­land moet jy vir al­les ge­beur­lik­heids­plan­ne hê.

“Ek dink ons het al ons op­sies ge­dek en dat ons by hul toe­stan­de sal kan aan­pas. Jy kry nie daar twee kolf­blaaie wat pre­sies die­self­de is nie en ons sal goed moet be­plan vir al ons wed­stry­de,” sê hy.

De Vil­liers sê juis van­weë die ver­skil­len­de toe­stan­de daar, pla dit hom nie waar hy in die kolf­or­de in­ge­span word nie.

“Of ek nou op drie en of ses kolf, is om’t ewe. Ek is be­reid om e­ni­ge plek te kolf waar ek op daar­die dag be­no­dig word.”

Faf du Plessis, die toets- en T20-kap­tein, het nog las van ’n seer skou­er en sal die op­war­mings­wed­stry­de in die aan­loop tot die een­dag­reeks teen die En­gel­se mis­loop.

Vol­gens dr. Mo­ham­med Moos­a­jee, die span­be­stuur­der, hoop hul­le dat hy fiks sal wees vir aan­staan­de Woens­dag se eer­ste een­dag­stryd teen En­ge­land.

Rus­sell Do­min­go

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.