Fran­se Ope sê nee vir S­ha­ra­po­va

Beeld - - Sport - Reu­ters –

Ma­ria S­ha­ra­po­va gaan nie la­ter van­dees­maand in die Fran­se Ope speel nie.

Die Fran­se Ten­nisfe­de­ra­sie (FFT) het gis­ter be­kend ge­maak die 30-ja­ri­ge Rus gaan nie as pro­mo­tors­keu­se toe­ge­laat word om aan die toer­nooi in Pa­rys deel te neem nie.

Die FFT sê S­ha­ra­po­va se hui­di­ge rang­lys­po­si­sie van 211 reg­ver­dig nie ’n ou­to­ma­tie­se plek in die toer­nooi nie.

S­ha­ra­po­va het ge­hoop die or­ga­ni­seer­ders sou haar nie­te­min ’n spe­si­a­le uit­no­di­ging gee.

Die Rus het ver­le­de maand haar te­rug­keer tot be­roep­sten­nis ge­maak na­dat sy ’n skor­sing van 15 maan­de weens die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels uit­ge­dien het.

S­ha­ra­po­va, ’n twee­ma­li­ge op Ro­land Gar­ros, het nie ge­noeg rang­lys­pun­te ge­had om in die lo­ting vir die hoof­toer­nooi op­ge­neem te word of om in die kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooi te speel nie.

Dié kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooi be­gin Maan­dag.

Sy het vroe­ër ge­sê sy is oor­ge­haal om weer die wê­reld se voor­ste vrou­e­spe­ler te word.

S­ha­ra­po­va het Maan­dag vir Chris­ti­na M­cHa­le met 6-4, 6-2 in die I­ta­li­aan­se Ope ge­klop om haar plek te be­spreek in die kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooi vir Wim­ble­don.

Sy moet in Ro­me die half­eind­ron­de haal om reg­streeks vir Wim­ble­don te kwa­li­fi­seer.

Die FFT se be­sluit is be­kend ge­maak kort voor­dat S­ha­ra­po­va op die baan sou stap vir

haar wed­stryd in die twee­de ron­de van die I­ta­li­aan­se Ope.

S­ha­ra­po­va, wat ge­skors is vir die ge­bruik van die hart­me­di­ka­sie mel­do­ni­um, meen haar pres­ta­sies in die ver­le­de dryf haar om weer as die bes­te in die wê­reld ge­kroon te word.

“Ek het be­slis hoë ver­wag­tin­kam­pi­oen ge vir my­self ge­stel. Wan­neer jy groot toer­nooie ge­wen het en die nom­mer een in die wê­reld was, dan ken jy die ge­voel. So daar­die ge­voel bly steeds bin­ne my en jy weet waar­voor jy werk,” het sy ge­sê.

Sy meen hoe­wel sy nog nie weer haar bes­te peil be­reik het nie, sy die ge­leent­heid ge­skep het om in ’n vol­gen­de wed­stryd te speel en so­doen­de haar­self ver­der op te skerp.

Sy was ook nie be­wus van die sper­da­tum waar­vol­gens die lo­ting vir Wim­ble­don ge­doen sal word nie. “Sien, ek dink dat jul­le aan­vaar dat ek al hier­die goed weet, maar ek wil werk­lik net el­ke week op ’n slag vat. El­ke wed­stryd is ’n pri­o­ri­teit vir my,” het sy by­ge­voeg.

Ma­ria S­ha­ra­po­va

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.