Wen ál wat saak maak, sê Ba­fa­na­brei­er

Beeld - - Sport - S­port24 – Su­per­sport,

S­tu­art Bax­ter, Ba­fa­na Ba­fa­na se nu­we af­rig­ter, sê wen is al wat saak maak.

Bax­ter, ’n En­gels­man, het ’n kon­trak van vyf jaar met die Suid-A­fri­kaan­se Sok­ker­ver­e­ni­ging (Sa­fa) ge­sluit.

“Oor­win­nings is van kar­di­na­le be­lang,” sê Bax­ter (63), wat vir die twee­de keer die Ba­fa­na-lei­sels neem.

“Ons on­der­steu­ners wil wensok­ker sien met ’n SuidA­fri­kaan­se geur en ons be­skik oor ge­noeg ge­hal­te­spe­lers om dit te ver­mag,” be­rig su­per­sport.com.

Suid-A­fri­ka het in een van A­fri­ka-sok­ker se groot­ste on­der­pres­teer­ders ont­aard ná ’n a­sem­ro­wen­de te­rug­keer na die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog 20 jaar ge­le­de.

Ba­fa­na het des­tyds die A­fri­ka­be­ker-toer­nooi in 1996 ver­o­wer en vir die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in 1998 en 2002 ge­kwa­li­fi­seer.

Die span was wel in ak­sie in die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in 2010, maar het on­ge­wens­te ge­skie­de­nis ge­maak deur die eer­ste gas­heer­land te word om in die groep­fa­se uit­ge­ska­kel te word.

Ba­fa­na is tans die 12de bes­te span in A­fri­ka en be­klee die 64ste plek op die wê­reld­rang­lys.

■ Sa­fa se pre­si­dent, Dan­ny Jor­daan, ont­ken in­tus­sen ge­rug­te dat hy Bax­ter een­sy­dig aan­ge­stel het, maar sê dat hy die kan­di­daat was wat die bes­te aan al die keur­ko­mi­tee se kri­te­ria vol­doen het.

“Hy (Bax­ter) is aan­ge­stel met die een­pa­ri­ge goed­keu­ring van die keur­ko­mi­tee,” sê Jor­daan.

“Die kri­te­ria was baie dui­de­lik. In­dien jy nie aan een van die 11 kri­te­ria vol­doen het nie, is jy as ’n kan­di­daat uit­ge­ska­kel.”

S­tu­art Bax­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.