G’n span in rug­by­wil­der­nis

Al ses fran­chi­ses sal speel Sa­ru on­der­han­del oor­see

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Al ses Suid-A­fri­ka se rug­byf­ran­chi­ses sal aan­staan­de jaar in groot in­ter­na­si­o­na­le reek­se mee­ding.

Dis nou as die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se on­der­han­de­lin­ge met twee kom­pe­ti­sies se be­heer­ra­de in die bui­te­land vol­gens plan ver­loop, sê Sa­ru se pre­si­dent, Mark A­lex­an­der.

“Twee span­ne gaan die trek­pas uit die Su­per­rug­by-reeks kry, maar dié twee span­ne sal by ’n an­der groot in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie in­val,” sê A­lex­an­der.

“Ons is op­ge­won­de oor die moont­lik­heid om by an­der kom­pe­ti­sies be­trok­ke te raak. Ons on­der­han­del tans vir deel­na­me aan twee in­ter­na­si­o­na­le reek­se,” sê hy.

Vol­gens hom is Sa­ru in “ge­vor­der­de sa­me­spre­kings” met reek­se in twee stre­ke en dié be­heer­lig­gaam se doel­wit is om die twee span­ne wat gaan uit­val vol­gen­de jaar reeds by an­der reek­se te be­trek.

“Die he­le plan is om te ver­se­ker die twee span­ne neem van 2018 af reeds aan an­der kom­pe­ti­sies deel. Ons wil hul­le nie tot die wil­der­nis ver­doem nie. So, as al­les goed gaan, sal al die span­ne in in­ter­na­si­o­na­le reek­se in ak­sie wees.”

Die Pro12-reeks in Eu­ro­pa, waar­in span­ne van Ier­land, Wal­lis, S­kot­land en I­ta­lië speel, is al ge­noem as een van die kom­pe­ti­sies waar ’n Suid-A­fri­kaan­se span moont­lik ge­huis­ves kan word.

Of­skoon Sa­ru nog nie aan­ge­dan

kon­dig het wie die twee span­ne is wat hul Su­per-sta­tus van aan­staan­de jaar af kwyt gaan wees nie, dui al­les daar­op dat dit die Sout­hern Kings en C­hee­tahs sal wees.

Die Kings se hui­di­ge spel­peil maak dit eg­ter moei­lik om hul­le uit die reeks te skop, ver­al na­dat hul­le die na­week met die Haaie af­ge­re­ken het.

“Hul­le is ’n be­lang­ri­ke span vir ons en dis ’n streek met ’n groot hoe­veel­heid spe­lers. On­ge­luk­kig het dié streek deur moei­li­ke tye ge­gaan, maar ons sal steeds ’n fran­chi­se daar hê, om­dat dit die ba­ker­mat van swart rug­by is,” sê A­lex­an­der.

Daar is on­langs be­spie­gel dat San­zaar, Su­per­rug­by se be­heer­lig­gaam, se plan om die deel­ne­men­de span­ne in dié reeks te ver­min­der, ge­kel­der kan word.

Die We­stern For­ce en Mel­bour­ne Re­bels het dié be­heer­lig­gaam reeds met regs­ak­sie ge­dreig. Daar is ook be­spie­gel dat die C­hee­tahs vir Sa­ru hof toe kan sleep.

“Ons het nie ’n dag­vaar­ding van die C­hee­tahs ont­vang nie. Ek weet ook dat San­zaar regs­ad­vies oor die aan­ge­leent­heid ont­vang het. Ek weet nie hoe e­ni­ge dag­vaar­ding suk­ses­vol gaan wees nie. Ek glo nie dit sal die plan­ne ver­hin­der nie. Die plan is dat daar vol­gen­de jaar slegs vier Suid-A­fri­kaan­se span­ne in die Su­per­reeks gaan wees.”

Dit is ook on­waar­skyn­lik dat twee span­ne sal saam­smelt.

“In die ver­le­de was daar span­ne wat saam­ge­smelt het. Dit het nooit ge­werk nie. Dit het nie vir die Cats (die vaan­del waar­on­der die C­hee­tahs en Leeus deel­ge­neem het) ge­werk nie. Hul­le het vrot ver­toon. Dis nie ’n op­sie wat ons tans on­der­soek nie.”

Mark A­lex­an­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.