Jan­tjies teen Jan­tjies op El­lis­park?

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen EL­TON JAN­TJIES

Daar was ’n tyd wat To­ny Jan­tjies baie na­by daar­aan was om rug­by vaar­wel toe te roep.

Hy het in 2014 by die Bul­le in on­guns ver­val en is die vol­gen­de sei­soen by die Kings sum­mier die trek­pas ge­gee na­dat hy dié span se pro­to­kol ver­ont­ag­saam het. Son­der ’n heen­ko­me het hy be­sluit om vir ou­laas in P­re­to­ria te pro­beer om ’n rug­by­loop­baan uit te kerf.

Die 25-ja­ri­ge los­ska­kel het Sa­ter­dag sy Su­per­rug­by-bui­ging vir die Bul­le ge­maak en het nou die voor­uit­sig om teen ou­boet El­ton te speel. Die Bul­le steek Sa­ter­dag die Juk­skei oor om die Leeus in die Su­per­reeks in Jo­han­nes­burg te ta­kel.

“Dit sal baie lek­ker wees as ek teen El­ton kan speel, maar dit is nie waar­oor als gaan nie.

“Jy moet jou span se be­lan­ge eer­ste stel en kan jou nie op­hou met per­soon­li­ke twee­stry­de nie.

“El­ton was ver­le­de week baie op­ge­won­de toe ek ge­kies is en hy het my uit Aus­tra­lië ge­bel. Ons is baie na aan me­kaar.”

Jan­tjies sê om Su­per­rug­by te speel is ’n groot myl­paal in sy loop­baan.

Daar is in sy jon­ger dae ge­sê hy het selfs meer ta­lent as El­ton, maar dit was so hit­te­te of sy loop­baan het te mid­de van aan­ty­gings dat hy lui en on­ge­dis­si­pli­neerd is, in 2015 vroeg ge­ëin­dig.

“My pa is in daar­die tyd oor­le­de en ek moes ’n paar per­soon­li­ke be­slui­te neem.”

Na­dat hy uit Port E­li­za­beth weg is, het hy by Lof­tus kom vra vir ’n twee­de kans.

“Die Bul­le is my rug­by­tuis­te en ek het my ju­ni­or rug­by ook hier ge­speel. Ek is baie dank­baar vir die kans wat ek ge­gun is.”

Jan­tjies sê hy moes ge­dul­dig bly, maar dit het ge­help dat Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se hoof­af­rig­ter, hom ge­steun en die ver­se­ke­ring ge­gee het dat hy sy kans sal kry.

Hy het Sa­ter­dag op ’n nat en mod­de­ri­ge Lof­tus ’n moei­li­ke vuur­doop ge­had teen die High­lan­ders. Hy is in die twee­de helf­te as plaas­ver­van­ger op­ge­stuur.

“Ek sou dit nie an­ders wou ge­had het nie. Co­ach het ons voor­af ge­vra om ka­rak­ter te wys en dit is jam­mer dat ons nie kon wen nie.

“Dit is ’n voor­reg om Su­per­rug­by te speel.”

Jan­tjies sê dit is goed dat hul­le die na­week na die Leeu­kuil op­ruk son­der dat e­nig­ie­mand die Bul­le ’n kans gee.

“Ons on­der­steu­ners het nie baie hoop nie en dit is te ver­sta­ne. Die Bul­le wil son­der vrees speel en ons sal al­les gee.”

Fran­cois Brum­mer oe­fen van­dees­week saam na­dat hy hom ver­le­de week weens ’n kuit­be­se­ring aan die span ont­trek het.

Ma­rais en sy me­de-brei­ers moet nou tus­sen Jan­tjies, Brum­mer en Ti­an S­choe­man be­sluit wat­ter twee los­ska­kels vir die groot der­by in die 23-tal in­ge­sluit sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.