AB de Vil­liers se gróót be­geer­te smeul steeds . . .

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

AB de Vil­liers het om­trent al al­les ver­mag wat ’n krie­ket­spe­ler kan reg­kry.

Tog het hy steeds die bran­den­de be­geer­te om een van wê­reld­krie­ket se ver­naam­ste tro­feë om­hoog te hou.

“Dit sal vir my on­ge­loof­lik baie be­te­ken as ons hier­die Kam­pi­oe­ne­tro­fee kan wen en ook die Wê­reld­be­ker in 2019,” het De Vil­liers gis­ter voor sy span se ver­trek na En­ge­land op die O.R. Tam­bo-lug­ha­we ge­sê.

“Ek glo as ons speel soos ons kan, sal ons on­keer­baar wees en sal niks ons kan stuit om as die kam­pi­oen te­rug te keer nie,” het hy by­ge­voeg.

Vir De Vil­liers was die te­leur­stel­ling van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in Nieu-See­land twee jaar ge­le­de ’n bit­ter pil, maar hy voel sy span het sy peil aan­sien­lik ge­lig se­dert als wat daar ge­beur het, op en van die veld af.

Toe die af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, gis­ter ge­vra is of hy glo die Wê­reld­be­ker-te­leur­stel­ling sal dien as ek­stra mo­ti­ve­ring, het hy ge­sê: “Wat het nou weer daar ge­beur? Ek kan dit nie so mooi ont­hou nie.”

Daar­die ge­skerts van hom was sy ma­nier om te sê dit is nou vir hom ’n ge­slo­te boek wat tot die ver­le­de be­hoort.

“Kyk, daar was wel les­se wat ons ter har­te ge­neem het en ons het ge­groei uit daar­die on­der­vin­ding,” sê hy.

“Ons het nou al ge­wys ons kan wed­stry­de on­der druk wen. Ons het In­dië in In­dië ge­klop, in ’n baie in­ti­mi­de­ren­de om­geSon­dag

Ons het nou al ge­wys ons kan wed­stry­de on­der druk wen.

wing, vir Nieu-See­land in Ni­euSee­land en ook al vir En­ge­land in sy eie toe­stan­de.”

Gaan die feit dat Suid-A­fri­ka by die toer­nooi as die voor­ste een­dag­span ter wê­reld op­daag, ’n se­ën of ’n straf wees?

“Ek dink nie reg­tig een van die twee nie. Dit sal ons wel self­ver­troue gee om die voor­ste een­dag­span ter wê­reld te wees.

“Ek kom in elk ge­val veel eer­der daar aan as nom­mer een ter wê­reld as nom­mer vyf. As jy nom­mer een is, weet jy jy kan e­ni­ge an­der span daar klop,” sê die Pro­te­as se brei­er.

— RUS­SELL DO­MIN­GO

AB de Vil­liers gis­ter op die lug­ha­we. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.