Hy stuur hul­le ‘in hul peet­jie’

Beeld - - Voorblad -

Die Gup­tas wou ’n paar keer met hom ver­ga­der, maar hy het hul­le el­ke keer “in hul peet­jie ge­stuur”.

N­go­a­ko Ra­mat­l­ho­di, ge­we­se mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne (fo­to), het gis­ter aan eNCA ge­sê Du­du­za­ne Zu­ma, ’n seun van pres. Ja­cob Zu­ma, het by ge­leent­heid pro­beer re­ël dat hy en A­jay Gup­ta ver­ga­der.

Du­du­za­ne is ’n sa­ke­ven­noot van A­jay Gup­ta. Ra­mat­l­ho­di het ge­wei­er.

Ra­mat­l­ho­di was van Mei 2014 tot Sep­tem­ber 2015 mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne. Hy het pres. Zu­ma des­tyds ver­tel van die voor­ge­stel­de ver­ga­de­ring en dat hy ge­wei­er het.

Vol­gens Ra­mat­l­ho­di het Zu­ma ge­sê: “Dit is ou­kei, daar is geen pro­bleem nie.”

Daar was geen ver­de­re ver­soe­ke vir ’n ver­ga­de­ring nie.

“Die punt is dat ek nie met die Gup­tas saam­ge­werk het nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.