Wat sê jy? S­tuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Mid­del­blad -

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

Ek is raad­op! Ek kry geen re­ak­sie op al die rom­mel en wa­ter­lek­ke in S­tan­za Bo­pa­pe­straat in P­re­to­ria nie. Ek het die­self­de klag­te nou al met vier ver­skil­le ver­wy­sings­nom­mers by ons DA­be­heer­de mu­ni­si­pa­li­teit ge­kry, maar niks ge­beur nie. – Ver­we­se Sa­ke­ei­e­naar

Ek won­der tog wat die re­de is dat pres. Zu­ma en Ba­le­ka M­be­te ’n ge­hei­me stem teen­staan. Is hul­le bang hul­le gaan hul werk ver­loor? – Op­pies Potch

Die ANC se pa­nie­ke­ri­ge teen­stand teen ’n ge­hei­me stem­ming oor Zu­ma: Hoe pa­te­ties is dit dat hul­le so dui­de­lik er­ken dat dit moont­lik net ge­ïn­ti­mi­deer­de o­pen­ba­re stem­me is wat hul hoof­in­doe­na se troon kan red. – C­harl, P­re­to­ria

Lyn­ne Bro­wn moet haar bril be­hoor­lik te­rug­skuif op haar neus, dan sal sy be­ter kan sien hoe die kor­rup­sie en leeg­tap van staats­on­der­ne­mings plaas­vind. E­s­kom se ta­rie­we be­hoort eers oor vyf jaar ver­hoog te word. – Frans

Zu­ma is baie stil die laas­te tyd. Ek sid­der om te dink wat­ter skok hy vir die pu­bliek be­plan. – Wiek, K­lerks­dorp

Toe is B­ri­an Mo­le­fe heel­tyd die weer­lig­af­lei­er. Al­mal het ge­dink hy gaan die mi­nis­ter van fi­nan­

sies word met al die aan­dag op hom. Toe fnuik Zu­ma ons met Ma­lu­si Gi­ga­ba en Mo­le­fe is te­rug by E­s­kom. – Hans

Die feit dat G­re­tha Wi­id haar uit­laat oor die “an­der mal­le­tjies by ’n an­der skool” sê al­les oor haar men­ta­li­teit. Sies, So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand. – Her­mien

Nou word G­re­tha Wi­id se a­ka­de­mie­se kwa­li­fi­ka­sies skie­lik na­ge­gaan. Daar is heel­wat mo­ti­ve­rings­pre­kers wat nie nood­wen­dig ge­pas­te kwa­li­fi­ka­sies het nie, maar uit le­wens­er­va­ring an­der kan mo­ti­veer en in­spi­reer. Le­an­die du Randt het by­voor­beeld ’n graad in be­dryf­siel­kun­de, maar op haar ou­der­dom bit­ter min le­wens­er­va­ring. – Kit­tie, P­re­to­ria

G­re­tha Wi­id, jou op­mer­kings oor die “mal­le­tjies” is on­sen­si­tief. Ek eis dat jy om ver­sko­ning vra en dat jy nie weer jong men­se toe­spreek nie. Jy rig ska­de aan die Help Han­na­pro­jek aan. – S­ha­ran de Lan­ge

So, die kin­ders van die Ho­ër­skool P­re­to­ri­aNoord is “mal­le­tjies”, al­dus G­re­tha Wi­id. Sy moet haar be­gin staal vir ’n kla­s­ak­sie­dag­vaar­ding vir las­ter. Pro­ku­reurs sak reeds toe op die skool. – K. de Beer, P­re­to­ri­aNoord

Die po­li­sie­mi­nis­ter, Fi­ki­le M­ba­lu­la, spreek sy kom­mer uit oor te veel vuur­wa­pens in pri­va­te be­sit ná ’n sterf­te in ’n kroeg­ge­veg. Hy rep eg­ter geen woord oor die boer wat in Roed­tan­om­ge­

wing met ’n on­wet­ti­ge vuur­wa­pen ge­skiet is nie. – M. Jan­sen, Mar­ble Hall

I­vor P­ri­ce, ek het ook van­og­gend ker­se ge­brand, maar in my ge­val was ’n krag­on­der­bre­king in E­kur­hu­le­ni die oor­saak. – Hen­nie

Lyk my die sui­ker­ver­slaaf­des het hul mes­se in vir Tim No­a­kes. – John­ny

Nel­lie, jou op­mer­king oor oor­ge­wig pas­sa­siers maak seer. As ons kon kies, sou nie­mand oor­ge­wig ge­wees het nie. Ek weet hoe ’n oor­ge­wig mens voel, en dit is as ge­volg van me­di­sy­ne wat ek móét ge­bruik, nie my leef­styl nie. Dink voor­dat jy praat, twee kaart­jies is nie die op­los­sing nie. – M.C.C., E­den­va­le

Nel­lie van P­re­to­ria, ek is jam­mer as oor­ge­wig pas­sa­siers soos ek jou so­veel aan­stoot gee. Aan die an­der kant, vol­maak­te men­se soos jy, met jou lief­de­lo­se, self­sug­ti­ge en meer­der­waar­di­ge uit­spra­ke, maak mý weer naar en siek! Ons het maar al­mal iets wat an­der dwars in die krop steek. – Wil­lem, Kemp­ton Park

’n Vraag: Gaan O­god Mos­lem­sko­le ook hof toe sleep? – Ou­er, S­prings

By ’n op­tre­de van ’n be­ken­de san­ger moes die kin­ders eers ’n CD van hom koop voor­dat hul­le saam met hom kon po­seer vir ’n fo­to. Dit is die top­punt van af­per­sing! Nie al­le ou­ers kan dit be­kos­tig nie. – Tan­nie M

As Max du P­reez So­li­da­ri­teit en F­lip Buys uit sy an­der­sins goeie ru­brie­ke hou, sal baie meer A­fri­ka­ners hom erns­tig op­neem. – Re­tief

Max, kyk weer. F­lip Buys se goeie ru­briek het net twee van die 12 ko­lom­me oor Co­li­gny in die koe­rant be­slaan. Hoe­kom dit “el­le­lank” noem? – Car­rie, Pta

Max du P­reez mag maar skryf. Sy ru­briek slaan hard na al­bei kan­te toe, met reg. – Ri­na

Neil Po­well se knap be­plan­ning en af­rig­ting en die af­we­sig­heid van po­li­tie­ke in­men­ging laat die B­lits­bok­ke wen. Ek hoop nie hul­le word nou ’n po­li­tie­ke speel­bal nie. – S­tel

Die Bul­le se on­der­steu­ners is net soos die DA. Hul­le kla, maar hul­le wil nooit sélf iets daar­aan doen nie. – Pe­trus van Se­cun­da

Gert van der West­hui­zen, mis­kien ly jy aan ge­heu­e­ver­lies? Lyk my jy het ver­geet hoe leeg El­lis­park in ’n sta­di­um was. – Ma­rie, P­re­to­ria

Gits, Gert, was jy Sa­ter­dag op Lof­tus? Uit jou skry­we is dit dui­de­lik jy was nie self daar nie. – An­dré (wat daar was)

Ek stem saam met die oud­Bok­los­ska­kel Er­rol To­bi­as en die ve­te­raan­af­rig­ter P­hil P­re­to­ri­us. Li­o­nel Cron­jé sal geen Bok­span in die steek laat nie. Hy is tans die mees af­ge­ron­de los­ska­kel in die land. E­nig­een van ons ta­lent­vol­le ag­ter­spe­lers sal flo­reer saam met sy in­tel­li­gen­te en doel­ge­rig­te spel. – Po­che

Neil Po­well

Fi­ki­le M­ba­lu­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.