Fe­de­rer sê nee vir Pa­ry­se klei, ja vir gras

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Ro­ger Fe­de­rer het hom aan van­jaar se Fran­se Ope-toer­nooi ont­trek in ’n po­ging om sy ten­nis­loop­baan te ver­leng.

Dié 18-ma­li­ge wen­ner van Grand Slam-toer­nooie sal die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar nie op die klei­ba­ne van Ro­land Gar­ros in ak­sie wees nie na­dat ’n be­se­ring hom in 2016 ge­knie­hal­ter het.

Die Fran­se Ope be­gin op 28 Mei in Pa­rys.

“Ek het die af­ge­lo­pe maand op en van die baan rê­rig hard ge­werk so­dat ek fi­siek in ’n toe­stand kan wees wat my in staat sal stel om nog vir ja­re lank in die ATP-reeks te speel.

“Dit sal tot my voor­deel wees om van­jaar se klei­baan-sei­soen heel­te­mal mis te loop en eer­der op die gras­baan- en har­de­baan­sei­soen te kon­sen­treer,” het Fe­de­rer Maan­dag op sy Fa­ce­book­blad ge­sê.

Die S­wit­ser­se ma­es­tro het die ten­nis­wê­reld vroe­ër van­jaar ver­stom toe hy ná ’n af­we­sig­heid van ses maan­de weens ’n knie-o­pe­ra­sie die Aus­tra­lie­se Ope ge­wen het.

Hy het dit toe op­ge­volg met in­druk­wek­ken­de toer­nooi­se­ges in In­di­an Wells en Mi­a­mi.

“Dit was ’n on­ge­loof­li­ke be­gin tot die jaar, maar hóé ek my pro­gram voort­aan be­plan, sal groot­liks be­paal hoe lank ek nog kan bly speel,” het Fe­de­rer sy plan­ne ver­dui­de­lik.

“Ek en my be­stuur­span het be­sluit dat ek nie sou baat om net in een klei­baan­toer­nooi (die Fran­se Ope) te speel nie.”

Fe­de­rer se aan­kon­di­ging het ’n dag ge­kom na­dat Ra­fa­el Na­dal sy spie­re be­hoor­lik ge­bult het deur ’n der­de klei­baan-ti­tel ag­ter­een­vol­gens te wen.

Na­dal het Son­dag die Ma­drid Ope ge­wen. Hy sal in Pa­rys poog om ’n 10de Fran­se Ope-ti­tel te ver­o­wer.

Ro­ger Fe­de­rer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.