Fran­se slot loop reeks teen S­pring­bok­ke mis

Beeld - - Sport -

Die slot Sé­bas­tien Va­haam­a­hi­na sal Frank­ryk se toer na Suid­A­fri­ka mis­loop na­dat sy skeen­been ge­breek is in Sa­ter­dag se Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­be­ker­eind­stryd tus­sen C­ler­mont en Sa­ra­cens.

Va­haam­a­hi­na, wat 25 toet­se vir Frank­ryk ge­speel het, moes die veld in die 45ste mi­nuut van die krag­me­ting in E­din­burg ver­laat.

Sa­ra­cens is vir die twee­de jaar ag­ter­een­vol­gens as die Eu­ro­pe­se kam­ pi­oen ge­kroon dank­sy ’n se­ge van 28­17 en is ook op koers om die En­gel­se P­re­mier­liga­ti­tel weer te wen.

Rug­by365.com be­rig C­ler­mont het in ’n ver­kla­ring be­ves­tig die 25ja­ri­ge slot sal na ver­wag­ting ’n paar maan­de bui­te ak­sie wees.

Be­ne­wens die toets­reeks teen die Bok­ke in Ju­nie sal Va­haam­a­hi­na ook C­ler­mont se Top14­half­eind­stryd op 27 Mei teen Mont­pel­lier of Ra­cing 92 in Mar­seil­le mis­loop. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.