‘Ter­ro­ris­me nie ag­ter aan­val op sok­ker­span’

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Duit­se fe­de­ra­le aan­kla­ers het gis­ter ge­sê hul­le kon geen be­wy­se vind nie dat ter­ro­ris­me ag­ter die bom­aan­val was op die sok­ker­span Bo­rus­sia Dort­mund se span­bus op 11 A­pril.

“Al ons on­der­soe­ke tot op he­de kon geen lei­dra­de vind dat dié aan­val ’n ag­ter­grond van ter­ro­ris­me ge­had het nie,” het die kan­toor van die fe­de­ra­le aan­kla­ers in ’n ver­kla­ring ge­sê.

B­rie­we wat op die to­neel ge­vind is, het aan­vank­lik die in­druk ge­skep dat Isla­mi­tie­se mi­li­tan­te vir die aan­val ver­ant­woor­de­lik was.

Die aan­kla­ers glo eg­ter die ver­dag­te, be­kend as Ser­gei V., ’n Duit­ser wat ook oor ’n Rus­sie­se pas­poort be­skik, het die aan­val bloot om “gel­de­li­ke re­des” uit­ge­voer.

Ser­gei V. is op 21 A­pril in heg­te­nis ge­neem.

Of­skoon drie toe­stel­le na­by die bus ont­plof het, was daar geen le­wens­ver­lies nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.