C­hel­sea­staat­ma­ker Ter­ry oor­weeg uit­tre­de

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Die C­hel­sea­le­gen­de John Ter­ry wik en weeg nog of hy Son­dag sy sok­ker­ste­wels vir goed moet weg­pak.

Dié 36­ja­ri­ge spe­ler het meer as 700 wed­stry­de vir die Blu­es op sy kerf­stok se­dert hy as ’n 14­ja­ri­ge skool­seun by hul­le aan­ge­sluit het.

Hoe­wel C­hel­sea dié sei­soen die En­gel­se P­re­mier­liga­ti­tel ver­o­wer het, het Ter­ry slegs ’n klein aan­deel daar­in ge­had.

Hy het eer­gis­ter, in die oor­win­ning van 4­3 oor Wat­ford, trou­ens slegs in sy agt­ste li­ga­wed­stryd van die sei­soen ge­speel.

Dis om dié re­de – die feit dat hy die plaas­ver­van­gers­bank moet warm hou – dat Ter­ry nou oor sy toe­koms dink.

“Ek weet ek het voor­heen ge­sê ek wil nog ge­reeld op dié vlak speel, maar dis nie bui­te die kwes­sie dat ek Son­dag gaan uit­tree nie,” het hy aan die B­rit­se me­dia ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.