S­tuk be­ton van brug af­ge­gooi

Beeld - - Voorblad - A­let Jou­bert

Met glas­stuk­ke in sy oë het Ja­c­ques van Dyk oor sy sel­foon hulp ge­soek, hom in ’n on­be­skof­te po­li­sie­man vas­ge­loop en la­ter, by die Gras­me­re­tol­hek, kon ver­keers­be­amp­tes hom blyk­baar ook nie help nie.

Van Dyk (46), ’n sa­ke­man van eMa­lahle­ni (Wit­bank), was op 11 Mei op die N1 van Pa­rys op pad huis toe toe ’n groot s­tuk be­ton sy bak­kie tref.

“Ek het ’n sel­foon­vi­deo ge­neem van be­to­gings na­by die Gras­me­re-tol­hek, waar bui­te­ban­de aan al­bei kan­te van die snel­weg ge­brand het.

“By die Pot­chef­stroom/Van­der­bijl­park-af­rit het ek vir een van die bui­te­ban­de uit­ge­swaai toe ie­mand die bak­kie van die kant af met klip­pe gooi.

“Nog ie­mand het van die brug af ’n be­ton­bak­steen op die bak­kie laat val.”

Die steen, om­trent so groot soos twee rug­by­bal­le, het ’n gat in Van Dyk se voor­ruit ge­maak

en glas­stuk­kies het in sy oë ge­spat. “As ek nie vir die bui­te­band uit­ge­swaai het nie, het dit my op die bors ge­tref.”

Van Dyk het Vo­da­com911 da­de­lik ge­bel en is na ’n po­li­sie­kan­toor deur­ge­ska­kel om die ge­vaar op die pad aan te meld. “Die po­li­sie­man vra toe: ‘Do you ha­ve in­su­ran­ce? Do you want an IR num­ber?’ en ek sê: ‘W­hat does that ha­ve to do with a­ny­thing, my li­fe and ot­her dri­vers’ li­ves are in dan­ger, they are thro­wing us with sto­nes!’ Toe gooi hy die foon neer.”

Net an­der­kant die Gras­me­re­tol­hek het ’n groep ver­keers­be­amp­tes Van Dyk voor­ge­keer.

“Net voor my was ’n man in ’n Hi­lux wat ook deur­ge­loop het. Die ver­keers­be­amp­tes het ge­sê hul­le kan my nie help nie, ek moet vir ’n am­bu­lans wag.”

Van Dyk het toe sy oë by ’n vul­sta­sie daar na­by gaan uit­spoel en ver­der ge­ry. ’n He­le ent ver­der kon hy die aan­dag van be­amp­tes in ’n po­li­sie­voer­tuig trek. Hul­le het hom na ’n kli­niek ge­bring.

“My oë is nou nog ge­swel en dit sal ’n tyd­jie neem om te her­stel, maar daar is ge­luk­kig nie per­ma­nen­te ska­de nie.”

Van Dyk het huis toe ge­ry en die voor­val die vol­gen­de dag by eMa­lahle­ni se po­li­sie aan­ge­meld.

Daar is hy van bak­boord na stuur­boord ge­stuur voor­dat ’n on­ge­luk­ver­slag af­ge­neem is.

“Maar dit was nie ’n on­ge­luk nie. Dit was o­pen­ba­re ge­weld.”

Van Dyk sê sy voor­ruit, pa­neel­bord en be­heer­pa­neel, as­ook sy GPS-toe­stel, sel­foon en sit­plek­oor­trek­sels is be­ska­dig.

“Nou moet ek by­be­ta­lings van R6 000 vir die ska­de doen.”

Kapt. Ed­die Hall, po­li­sie­woord­voer­der in eMa­lahle­ni, sê ’n pad­on­ge­luk­ver­slag word ge­woon­lik na die po­li­sie­kan­toor aan­ge­stuur waar die voor­val ge­beur het so­dat al die sa­ke wat daar­mee ver­band hou, om een dos­sier ge­hou word vir wan­neer in­heg­te­nis­ne­mings ge­doen word.

As ek nie vir die bui­te­band uit­ge­swaai het nie, het dit my op die bors ge­tref.

Die klip het ’n gat in die voor­ruit ge­maak en on­der meer ook die pa­neel­bord be­ska­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.