Vroue ver­bo­de op die Pro­te­as se láng toer

Spe­lers ruk lank son­der ge­sin­ne

Beeld - - Voorblad -

Dit is on­ge­kend om dees­dae só ’n lang krie­ket­toer te on­der­neem.

Só sê dr. Mo­ham­med Moos­a­jee, die span­be­stuur­der van Suid-A­fri­ka se na­si­o­na­le krie­ket­span, wat eer­gis­ter­aand vir ’n toer van 12 we­ke na En­ge­land ver­trek het.

Daar­om glo hy daar sal slim te werk ge­gaan moet word om die spe­lers vars te hou vir die duur van die toer.

Hy het die moont­lik­heid ge­noem dat se­ke­re spe­lers ty­dens die toer ’n week lank huis toe ge­stuur kan word om hul bat­te­rye op tuis­bo­dem te her­laai.

“Dit is iets waar­aan ons dink,” het Moos­a­jee ge­sê voor­dat die spe­lers op die vlieg­tuig na Lon­den ge­klim het.

Rus­sell Do­min­go, die na­si­o­na­le af­rig­ter, het ge­sê dit gaan be­lang­rik wees om die spe­lers reg te be­stuur.

Hy het in hier­die ver­band die paal­tjie­wag­ter en Suid-A­fri­ka se Spe­ler van die Jaar, Quin­ton de Kock, uit­ge­son­der.

“Ons moet baie mooi met hom werk. Hy is ie­mand wat ons nie al­tyd sal bloot­stel aan hier­die soort ding (nuus­kon­fe­ren­sies) nie, want hy hou nie juis daar­van nie,” het Do­min­go ge­sê toe hy die me­dia eer­gis­ter toe­ge­spreek het.

“Quin­ton hou daar­van om soms weg te breek van die spel af en sy eie ding te doen.

“Ons sal hom daar­die ruim­te gee en hom op van sy af­dae heel­te­mal laat weg­kom van die spel af,” het hy ge­sê.

Do­min­go er­ken dié gaan ’n be­lang­ri­ke toer vir De Kock wees – sy eer­ste na En­ge­land.

“Hy het nie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen by die vo­ri­ge Wê­reld­be­ker­toer­nooi nie (in Ni­euSee­land) en ons sal mooi na hom moet kyk in die Kam­pi­oe­ne­tro­fee-toer­nooi,” het Do­min­go ge­sê.

Die af­rig­ter het juis ver­soek dat die spe­lers se ge­sin­ne nie by hul­le moet wees ty­dens die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee nie.

Die toer­nooi vind tus­sen 1 en 18 Ju­nie plaas.

AB de Vil­liers, die een­dag­kap­tein, se ge­sin het wel saam met die span ver­trek en sal die eer­ste twee we­ke, wan­neer die span in die een­dag­reeks teen En­ge­land speel, by hom wees voor­dat hul­le te­rug­keer huis toe.

Do­min­go wil hê die spe­lers moet al hul aan­dag aan die toer­nooi gee en daar­om is daar ver­soek dat die ge­sin­ne nie ty­dens die Kam­pi­oe­ne­tro­fee by die spe­lers moet wees nie.

Faf du P­les­sis, die toets- en T20-kap­tein, word die eer­ste keer pa ty­dens die toer en hy sê hy wil graag te­rug in SuidA­fri­ka wees vir die ge­boor­te van sy eer­ste­ling.

As al­les vol­gens plan ver­loop, sal die klein­ding sy of haar op­wag­ting maak ty­dens die eer­ste toets.

AB de Vil­liers en sy vrou, Da­niel­le, met die ge­boor­te van klein AB.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.