Pa­rys: Boer spog glo oor moor­de

Dit was sin­lo­se bra­va­de, hoor hof

Beeld - - Voorblad - A­let van der Walt

Die og­gend na­dat twee mans erg aan­ge­rand is op ’n plaas by Pa­rys het die boer Oc­kert van Zyl ge­spog: “Ons het gis­ter­aand twee k ***** s dood­ge­slaan.”

Toe wys hy fo­to’s van Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28).

Van Zyl was die og­gend van 7 Ja­nu­a­rie 2016 by ’n mo­tor­was­se­ry in Pa­rys.

“Die k ***** s moet my kar deeg­lik skoon­maak,” het hy aan ’n werk­ne­mer ge­sê.

“Ons het gis­ter­aand twee k **** rs dood­ge­slaan.”

Sy aan­mer­kings was sin­ne­lo­se bra­va­de, het Van Zyl gis­ter in die hof ge­sê.

Hy ge­tuig in die moord­ver­hoor van Boe­ta van der West­hui­zen (47), sy seun, Loe­di (19), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), An­ton Log­gen­berg (50) en sy seun, Cor (20), en kapt. Henk Prins­loo (47).

Van Zyl, wat tus­sen Kop­pies en Pa­rys boer, is ’n ven­noot van An­ton.

Hy het ge­tuig hy, An­ton en dié se broer, Le­on, het in die S­pur ge­ëet ter­wyl sy voer­tuig ge­was is.

Hier het hul­le die fo­to’s van die twee slag­of­fers op hul sel­fo­ne uit­ge­vee. Hul­le het toe al ge­hoor een van die mans is dood.

Van Zyl sê hy was nie by die aan­ran­dings be­trok­ke nie.

An­ton het hom die vo­ri­ge aand ge­vra om vir hom die­sel vir sy bak­kie te bring na die to­neel waar Ju­be­ba en T­jixa in heg­te­nis ge­neem is.

Oor die to­neel van die be­weer­de aan­ran­dings het hy ge­tuig: “Dit was nie ’n tee­par­ty­tjie nie. Daar was ak­sie en daar is hard ge­praat.”

’n Man het ag­ter­op ’n bak­kie na­by die klap ge­lê en die an­der na­der aan die ka­juit. Die bak­kie se klap was toe.

Prins­loo het die man wat na­by die klap ge­lê het met ’n skok­stok op sy ge­slags­deel ge­skok. Boe­ta het die man by­ge­dam met iets wat soos ’n waai­er­band lyk. “Hy het die een wat na­by die klap lê, ge­wiks,” het Van Zyl ge­tuig.

Hul­le het die man her­haal­de­lik ge­vra waar ’n re­wol­wer is. Prins­loo het in ’n sta­di­um wa­ter uit ’n tuit­bot­tel in die man se mond ge­spuit.

Die man het nie ge­re­a­geer nie en Boe­ta het ge­vra of die skok­stok werk.

“Kom ons toets dit op jou,” het Prins­loo ge­sê en dit teen Boe­ta ge­druk.

Boe­ta het vol­gens Van Zyl se ge­tui­e­nis ge­sê: “Ef jou, ek sal vir jou blik­sem.”

Van Zyl meen die skok­stok het wel ge­werk en dat die man be­wus­te­loos was en daar­om nie ge­re­a­geer het nie.

Hy het by An­ton op die grond gaan sit en ’n si­ga­ret ge­rook voor­dat hy ge­ry het.

Hy het ge­tuig hy het nie een van die vier an­der be­skul­dig­des iets op die to­neel sien doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.