Hlau­di pro­beer tug­pro­ses keer

Hy wil KVBA toe oor sy skor­sing by uit­saai­er

Beeld - - Nuss - News24 P­hil­da Es­sop

Hlau­di Mot­soe­neng gaan die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie (KVBA) oor sy skor­sing deur die SAUK na­der.

Sy tug­ver­hoor oor sy on­lang­se me­di­a­kon­fe­ren­sie is daar­om gis­ter­aand tot van­dag uit­ge­stel.

Adv. T­hem­be­ka Ng­cu­kai­to­bi, vir die SAUK, het die uit­stel ver­soek toe hy hoor die saak gaan KVBA toe.

Adv. An­dy Be­ster, vir Mot­soe­neng, wou dit uit­ge­stel hê han­gen­de sy kli­ënt se ap­pèl teen ’n be­vin­ding van die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ver­le­de jaar. Dié hof het be­slis Mot­soe­neng mag in geen

en

hoe­da­nig­heid by die SAUK werk nie ten­sy ’n ver­slag deur adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, ter­sy­de ge­stel word of hy in ’n nu­we tug­ver­hoor vry­ge­spreek word.

Ng­cu­kai­to­bi het ge­sê Mot­soe­neng het die SAUK se nu­we tus­sen­tyd­se raad op sy me­di­a­kon­fe­ren­sie op 19 A­pril be­swad­der. Hy het sy on­te­vre­den­heid met som­mi­ge raads­le­de uit­ge­spreek en sy be­leid van 90% plaas­li­ke in­houd ver­de­dig.

Mot­soe­neng word daar­van aan­ge­kla dat hy die voor­waar­des van sy skor­sing daar­deur oor­tree het.

Be­ster het ge­sê Ja­mes A­gu­ma, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van die SAUK, het ’n eeds­ver­kla­ring af­ge­lê waar­in hy sê hy het toe­stem­ming vir die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­gee.

Vol­gens Ng­cu­kai­to­bi het A­gu­ma slegs toe­ge­stem dat Mot­soe­neng ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie hou om ’n stel­ling in ver­band met die par­le­men­tê­re ad hoc-ko­mi­tee wat die SAUKraad on­der­soek het, reg te stel.

Be­ster meen ook dis on­reg­ver­dig dat Mot­soe­neng aan twee tug­ver­ho­re on­der­werp word. Die an­der een spruit uit die be­vin­dings in Ma­don­se­la se ver­slag.

Daar­op wou adv. Na­zeem Cas­sim SC, voor­sit­ter van die tug­pa­neel, weet of dit nie sy werk­ge­wer se reg is om twee a­par­te tug­ver­ho­re oor af­son­der­li­ke kwes­sies te hou nie.

Ng­cu­kai­to­bi het ge­sê Mot­soe­neng is net daar­op uit om tyd te koop.

Ay­an­da Dlod­lo, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, as­ook SAUK-raads­le­de en -amp­te­na­re het gis­ter voor die par­le­men­tê­re staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (S­koor) ver­skyn oor on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes van R5,1 mil­jard by die uit­saai­er.

Mat­ha­tha T­se­du, on­der­voor­sit­ter van die raad, het ge­sê A­gu­ma sê in sy eeds­ver­kla­ring hy het Mot­soe­neng toe­stem­ming ge­gee om die me­di­a­kon­fe­ren­sie te hou en ook dat daar was geen raads­be­sluit was om Mot­soe­neng aan te kla nie.

Die raads­be­sluit om Mot­soe­neng aan te kla, is vol­gens T­se­du in die teen­woor­dig­heid van A­gu­ma ge­neem.

Tim Brau­te­seth, DA-LP, het ge­sê A­gu­ma be­hoort ge­skors te word as dit waar is dat hy toe­stem­ming vir die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­gee het. “Hy het net ver­le­de week ge­sê hy het nie toe­stem­ming ge­gee nie.”

Nt­ha­bi­seng K­hu­nou, ANC-LP, het ge­ëis dat “voor­dat A­gu­ma val” en na ’n an­der de­par­te­ment skuif, hy aan die par­le­ment moet ver­slag doen om­dat “al­les waar­aan hy raak, swart word”.

Mk­hu­le­ko H­leng­wa, IVP-LP, het vir ’n on­der­soek van A­gu­ma ge­vra.

T­se­du het er­ken die SAUK is in ’n “erns­ti­ge fi­nan­si­ë­le kri­sis”, maar ge­sê per­so­neel­le­de sal hul sa­la­ris­se ont­vang.

Hlau­di Mot­soe­neng en sy pro­ku­reur, Zo­la Ma­ja­vu, gis­ter in die tug­ver­hoor. Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.