Men­se dink non­sens uit oor Trump, sê Poe­tin

Beeld - - Nuss -

P­res. Wla­di­mir Poe­tin het in die bres ge­tree vir p­res. Do­nald Trump en ge­sê sy A­me­ri­kaan­se amps­ge­noot word nie die ge­leent­heid ge­gun om sy werk be­hoor­lik te doen nie.

Dit is na aan­lei­ding van die po­li­tie­ke herrie in die VSA om­dat Trump glo sen­si­tie­we in­lig­ting oor die ter­reur­groep I­sis aan Ser­gei La­wrof, Rus­land se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, ver­skaf het.

Poe­tin het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Sot­sji ge­sê hy het ’n tran­skrip­sie van die ge­sprek in die O­val Of­fi­ce en geen ge­hei­me is uit­ge­lap nie.

“Dit is moei­lik om jou in te dink waar­mee die men­se wat sul­ke non­sens en ge­mors uit­dink, vol­gen­de vo­ren­dag kan kom. Wat my ver­ras, is dat hul­le die plaas­li­ke po­li­tie­ke si­tu­a­sie ont­wrig met sen­ti­ment teen Rus­land.

“Óf hul­le ver­staan nie die ska­de wat hul­le aan hul eie land aan­rig nie, wat be­te­ken hul­le is net on­no­sel, óf hul­le ver­staan al­les en is ge­vaar­lik en kor­rup,” het Poe­tin ge­sê.

In­tus­sen het The New York Ti­mes be­rig dat Trump vir Ja­mes Co­mey, wat hy on­langs as FBI-hoof af­ge­dank het, ge­vra het om die on­der­soek na die Rus­sie­se ban­de van Mi­cha­el F­lynn, voor­ma­li­ge na­si­o­na­le vei­lig­heids­raad­ge­wer, te staak.

Die be­rig het ’n herrie in die A­me­ri­kaan­se hoof­stad laat ont­staan, ge­paard­gaan­de met twy­fel oor of Trump pro­beer het om in die fe­de­ra­le on­der­soek in te meng.

Die Wit­huis het wal ge­gooi teen dié be­rig­ge­wing.

Hy sê in ’n ver­kla­ring dit “is nie ’n wa­re of ak­ku­ra­te weer­ga­we” van die ge­sprek tus­sen die pre­si­dent en Co­mey nie.

– Reu­ters en CNN

P­res. Wla­di­mir Poe­tin Fo­to: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.