Eers B­lit­se, dan Bok­ke?

Beeld - - Nuss - Ru­an Bru­wer

Mar­co La­bu­schag­né (19), wat ver­le­de jaar nog op skool was en nou saam met die B­lits­bok­ke in Lon­den oe­fen, wou van jongs af ’n Bok word en hoop om dit deur se­wes­rug­by te ver­mag.

Na­ti­us La­bu­schag­né, rug­by­hoof van die Ho­ër­skool Voor­trek­ker in Beth­le­hem, sê Mar­co se ta­lent was al op skool sig­baar.

“Mar­co is ’n har­de wer­ker. Rug­by is sy pas­sie, en hy het ’n wil om sy droom van S­pring­bok­rug­by te ver­we­sen­lik. Met se­wes­rug­by se ge­sogt­heid wat ge­wel­dig toe­ge­neem het, is dit ’n goeie pad om te stap om ein­de­lik by die Bok­ke uit te kom.

“Toe die ge­leent­heid by die se­we­s­a­ka­de­mie op­duik, het hy dit aan­ge­gryp,” sê La­bu­schag­né, wat ’n neef is van Na­tie, Mar­co se pa.

Mar­co is Maan­dag aan­ge­sê om hom in Lon­den as plaas­ver­van­ger by die B­lits­bok­ke aan te meld vir die laas­te toer­nooi van die wê­reld­reeks. Hy sal net speel­kans kry as ie­mand an­ders be­seer is. Die B­lits­bok­ke het reeds ver­le­de na­week die se­westi­tel ge­wen.

Mar­co is se­dert be­gin van­jaar ’n lid van SA Rug­by se se­we­s­a­ka­de­mie in S­tel­len­bosch waar­deur heel­par­ty van die hui­di­ge B­lits­bok­ke ge­vor­der het. Gift Dla­mi­ni, wat ver­le­de jaar aan die Wel­kom-Gim­na­si­um

ge­ma­tri­ku­leer het, so­wel as Da­niel Maar­tens van die S­him­las is tans le­de van die a­ka­de­mie.

“Mar­co sal goed ver­toon in­dien hy speel­kans kry. Hy is ’n vaar­di­ge spe­ler wat van­jaar reg­tig goed ont­wik­kel het,” sê Ma­ri­us S­choe­man, hoof van a­ka­de­mie.

Vol­gens Na­ti­us La­bu­schag­né is Mar­co ’n groot en fris spe­ler en bied hy die by­ko­men­de moont­lik­heid van stel­skop­per, wat in se­wes­rug­by dik­wels die ver­skil tus­sen wen en ver­loor be­paal.

Hy was op skool ’n hek­kies­at­leet en ’n krie­ket­spe­ler en het die vo­ri­ge twee jaar vir die T­rek­kers se eer­ste span heel­ag­ter ge­speel. In die­self­de tyd is hy vir die G­rif­fons se Cra­ven­week­span ge­kies.

Mar­co kan ná Hoff­mann Ma­ritz in 2010 Voor­trek­ker se twee­de B­lits­bok word. Dié skool het al drie Bok­ke op­ge­le­wer, van wie Hen­dro S­choltz tot dus­ver die laas­te was.

Mar­co La­bu­schag­né het twee jaar ag­ter­een­vol­gens vir die G­rif­fons se Cra­ven­week­span ge­speel. Fo­to: GAL­LO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.