Leeus kan weer op loop gaan

‘Niks keer hul­le om te ont­snap’

Beeld - - Nuss - Seug­net van Zyl

“Jy kan nie van die wild­tuin ’n hok maak nie.”

So het Da­nie Pie­naar, San­par­ke se waar­ne­men­de uit­voe­ren­de be­stuur­der van be­wa­rings­diens­te en hoof van die Kru­ger­wild­tuin se we­ten­skap­li­ke diens­te, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Pretoria ge­sê.

Vyf leeus het ver­le­de week uit die wild­tuin ont­snap.

“Hier­die spe­si­fie­ke leeus is nie pro­bleem­leeus nie, want hul­le het nog nie veel bees­te ge­vang nie en hul­le was nie lank uit die wild­tuin nie,” sê Pie­naar.

Vier van die leeus is ge­vang. Pie­naar ver­moed die vyf­de een sal waar­skyn­lik na sy maats gaan soek.

Rey T­hak­hu­li, woord­voer­der van San­par­ke, sê hul­le kry daag­liks “vals a­larms” van men­se wat sê hul­le het dié leeu ge­waar.

Vol­gens Pie­naar is die vier wat ge­vang is 30 km van waar hul­le ge­vind is in die wild­tuin vry­ge­laat. Hy sê die leeus het by die Kro­ko­dil­ri­vier uit en oor die Ko­ma­ti­ri­vier, wat ’n na­tuur­li­ke grens met die wild­tuin vorm, ont­snap om­dat die ri­vier­vlak baie laag is.

“Dit is na­tuur­lik nie moont­lik om ’n ri­vier toe te span nie.”

Hy sê dit is in elk ge­val baie moei­lik om ’n leeu bin­ne ’n hei­ning te hou.

“Ons het nog al­tyd die­re ge­had wat die wild­tuin ver­laat. Dis nie ’n nu­we ver­skyn­sel nie. Men­se sien dit net nie al­tyd nie.”

Wat dié voor­val an­ders maak, is dat die leeus die wild­tuin so na aan die N4 ver­laat het.

Vol­gens hom is die leeus baie ge­woond aan toe­ris­te en an­der be­soe­kers.

“Hul­le is re­la­tief mak en hul­le kon dus mak­lik ge­vang word.

“Hul­le is nie be­dreig deur ’n trop wat hul­le uit­ge­skop het nie. Dié leeus is baie moei­lik om te vang.”

Pie­naar sê niks keer ook die leeus om weer uit die wild­tuin te ont­snap nie.

Oor vre­se dat men­se­le­wens in ge­vaar is, sê hy: “Leeus jag nie men­se nie. Ons is nie hul ge­wo­ne prooi nie.”

Al vyf leeus is vol­gens hom tus­sen vier en vyf jaar oud.

Pie­naar sê baie die­re be­weeg in en uit die wild­tuin.

“Ons wil dit ook so hê, want ha­bi­tat­frag­men­ta­sie is ’n groot pro­bleem wê­reld­wyd en dit is wat baie spe­sies be­dreig.”

Daar is vol­gens Pie­naar na­ge­noeg 1 800 leeus in die wild­tuin waar­van 600 volwasse leeu­wy­fies is. “Die leeu­ge­tal­le het die af­ge­lo­pe tien jaar ver­meer­der.”

Die groot­te van die leeu­trop­pe in die Kru­ger­wild­tuin wis­sel tus­sen vier leeus tot 40.

Hy sê daar is so­wat 20 ge­val­le per jaar waar vee-ei­e­naars ska­de­ver­goe­ding van die wild­tuin eis. “Die mees­te wat al be­taal is, is R400 000. Die be­trok­ke ei­e­naar moet eers kan be­wys dat sy bees deur ’n roof­dier in die wild­tuin dood­ge­maak is.”

Die be­trok­ke leeus het net een bees dood­ge­maak. “Net een kar­kas is ge­vind,” sê Pie­naar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.