Van oor­ge­wig ro­ker tot dalk Com­ra­des­goud

Beeld - - Nuss - Sa­rel van der Walt

Hy was 33 jaar oud, het 110 kg ge­weeg en 20 si­ga­ret­te per dag ge­rook.

S­nags het S­te­ve Way hom wak­ker ge­hoes. Wan­neer hy in die spie­ël ge­kyk het, het hy hom ge­skaam.

Hy het be­sluit om iets aan die si­tu­a­sie te doen.

Hy het be­gin hard­loop, ge­son­der ge­leef en die af­ge­lo­pe tien jaar 40 kg af­ge­skud.

Op 4 Ju­nie sal dié 43-ja­ri­ge B­rit vir sy eer­ste Com­ra­des voor die stad­saal van Dur­ban aan­tree. Sy droom is om on­der die tien gou­e­me­dal­je­wen­ners te ein­dig in dié moor­den­de wed­loop oor 86,7 km.

Hy was drie jaar ge­le­de tien­de in die S­ta­te­bond­spe­le-ma­ra­thon in Glas­gow, S­kot­land, in ’n tyd van twee uur, 15 mi­nu­te en 16 se­kon­des.

Dit is so­wat twee mi­nu­te vin­ni­ger as Bru­ce For­dy­ce, die ne­ge­ma­li­ge Com­ra­des-wen­ner, se bes­te ma­ra­thon­tyd.

Twee jaar te­vo­re het Way die Wê­reld­kam­pi­oen­skap-wed­loop oor 50 km in I­ta­lië ge­wen.

Hy spog ook met ’n bes­te tyd van 6:19:20 oor 100 km, wat so­wat vyf mi­nu­te vin­ni­ger is as For­dy­ce se eer­tyd­se wê­reld­re­kord oor dié af­stand.

Way sê hy was “nie ’n aan­ge­na­me mens” toe hy oor­ge­wig en on­fiks was nie.

“Ek het iets no­dig ge­had om op te fo­kus om my te help ge­wig ver­loor en om nie weer te rook nie. Om van jou eu­wels ont­slae te raak, moet jy iets an­ders kry om aan ‘ver­slaaf’ te raak. Jy moet ’n pas­sie vind.”

Dít het hy in hard­loop ge­vind. “Hard­loop stel my in staat om ’n me­de­din­gen­de sport­man te wees. Dit is nie iets wat ek ge­dink het ek sal kan wees toe ek ’n 33-ja­ri­ge oor­ge­wig ro­ker was nie. Ek is dol op die a­dre­na­lien in wed­lo­pe.”

Way, wat in Poole in die En­gel­se graaf­skap Dor­set woon, sê hy het be­sluit om aan die Com­ra­des deel te neem om­dat hy deel wil wees van die groot­ste en me­de­din­gend­ste ul­tra­wed­loop ter wê­reld.

“Om­dat dit so ’n pres­ti­ge­ry­ke wed­loop is, sal ek graag on­der die voor­ste tien at­le­te wil ein­dig, maar as dit nie ge­beur nie en ek hard­loop in my eer­ste Com­ra­des nog­tans ’n goeie wed­loop, sal ek te­vre­de wees.”

Oor die ja­re heen het baie at­le­te wat met vin­ni­ge ma­ra­thon­tye (meest­al op plat roe­tes) spog met groot ver­wag­ting by die Com­ra­des op­ge­daag voor­dat Co­wies Hill, Fields Hill, Bo­tha’s Hill, In­chan­ga en uit­ein­de­lik Pol­ly S­hortts laas­te ge­lag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.