Fo­kof­po­li­sie­kar stel twee re­kords op

Beeld - - Nuss - – Na­di­ne T­heron

Die rock­groep Fo­kof­po­li­sie­kar het Dins­dag die R1 mil­joen-merk oor­skry met ska­re­fi­nan­sie­ring om geld in te sa­mel om ’n nu­we al­bum op te neem.

Hul­le het ge­hoop om R500 000 in te sa­mel en het dié tei­ken in ’n re­kord­tyd van ne­ge dae be­haal. Boon­op is R1 mil­joen die groot­ste be­drag wat tot nog toe op T­hund­a­fund in­ge­sa­mel is.

Daar is nog vier dae van die veld­tog oor. Die mu­siek­groep het dus twee Suid-A­fri­kaan­se re­kords vir ska­re­fi­nan­sie­ring op­ge­stel.

“Die druk is nou op ons om iets spe­si­aals te maak,” sê Fran­cois van Co­ke, die groep se hoof­san­ger, oor hul eer­ste nu­we al­bum in 11 jaar.

“Daar­die soort druk gee ’n goeie e­ner­gie.”

Wyn­and My­burgh, die groep se bas­ki­taar­spe­ler en be­stuur­der, sê el­ke myl­paal in die ska­re­fi­nan­sie­ring het hul­le nog meer ge­mo­ti­veer vir die skryf van die al­bum. “Ons is de­fi­ni­tief ver­stom deur die re­ak­sie,” sê Van Co­ke.

“Ons het ge­dink ’n half­mil­joen is reeds far-fe­t­ched.”

Die al­bum, wat op 3 Ok­to­ber uit­ge­reik sal word, het nog nie ’n ti­tel nie, maar 11 lied­jies is reeds voor­lo­pig ge­skryf.

Vol­gens My­burgh is die lied­jies in­tro­spek­tief en dit is as­of Hun­ter Ken­ne­dy, die groep se lied­jie­skry­wer, “stuk­kies van ons ge­dag­tes in woor­de om­sit”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.