‘Hen­ri se be­se­rings self toe­ge­dien’

Beeld - - Nuss - Ja­na B­rey­ten­bach

Die be­se­rings wat Hen­ri van B­re­da aan die bors­kas en lin­ker­arm ge­had het na­dat ’n aan­val­ler hom glo op 27 Ja­nu­a­rie 2015 met ’n mes be­seer het, is waar­skyn­lik self toe­ge­dien.

So het dr. Li­zet­te Al­bert­se, dis­triks­ge­nees­heer van S­tel­len­bosch, gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig.

Al­bert­se het Van B­re­da om­streeks 10:30 die og­gend van die moord op sy ou­ers, Mar­tin (54) en Te­re­sa (55), en broer, Ru­di (22), on­der­soek.

Van B­re­da ont­ken skuld op dié moor­de en ook op ’n aan­klag van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li.

In sy pleit­ver­dui­de­li­king sê hy hy het in ’n sta­di­um by die trap­pe af ge­strui­kel. Toe hy ’n bie­tjie la­ter weer na die boon­ste ver­die­ping te­rug­keer, het hy flou ge­raak en op die trap ge­val. Toe hy weer by­kom, was dit reeds lig bui­te.

Al­bert­se het al die won­de wat sy op Van B­re­da se lyf ge­sien het aan die hof ver­dui­de­lik.

Be­ne­wens skraap-, sny­won­de en kneu­sings, was daar twee steek­won­de, waar­van die diep­ste een 10 mm was, aan sy lin­ker­sy.

Al­bert­se het ge­tuig sy het nie spe­si­fiek vir har­sing­skud­ding, soos wat Van B­re­da se reg­span aan­voer hy moont­lik kon ge­had het, ge­toets nie.

Die staat het haar ge­vra of ’n mens so lank ná die voor­val – so­wat vyf tot ses uur – te­kens van har­sing­skud­ding sou sien.

“Se­ke­re te­kens sou dui­de­lik ge­wees het, ja,” het sy ge­sê.

Die staat het haar na die fo­to’s van die trap­pe in die moord­huis laat kyk en ge­vra of Van B­re­da se be­se­rings oor­een­stem met dié van ie­mand wat op dié trap­pe ge­val het.

Al­bert­se het ge­sê die be­se­rings op sy lin­ker­arm en bors­kas is “on­waar­skyn­lik” deur ’n val ver­oor­saak, maar die be­se­rings op sy knie en ge­sig moont­lik, maar “on­waar­skyn­lik”.

Adv. Pie­ter Bo­tha, vir Van B­re­da, het Al­bert­se ge­vra of sy die og­gend van die on­der­soek drank aan sy kli­ënt ge­ruik het. Sy het ge­sê sy het nie. Bo­tha het daar­na die mes wat in die aan­val ge­bruik is, ge­vat en ge­de­mon­streer hoe Van B­re­da en die aan­val­ler ge­stoei het. Hy het ge­wys dat die aan­val­ler, ter­wyl Van B­re­da hom keer, hom op die arms en bors­kas kon sny.

Al­bert­se het ge­sê dit is moont­lik dat hy die be­se­rings só kon op­doen.

Bo­tha het die moont­lik­heid dat Van B­re­da har­sing­skud­ding ge­had het, be­klem­toon deur te sê hy was be­wus­te­loos en sy pu­pil­le was klein en het nie vin­nig ge­re­a­geer op lig wan­neer dit daar­op ge­skyn is nie.

Al­bert­se het ge­sê dis moont­lik dat Van B­re­da har­sing­skud­ding ge­had het, maar wan­neer ’n mens har­sing­skud­ding het, ver­groot pu­pil­le ge­woon­lik.

Die res van die be­se­rings, het Al­bert­se toe­ge­gee, kon Van B­re­da op­ge­doen het toe hy by die trap­pe sy be­wus­syn ver­loor en ge­val het.

Vroe­ër gis­ter is ’n op­na­me van die nood­op­roep wat Van B­re­da ná die moor­de ge­doen het in die hof ge­speel.

Dit het Van B­re­da ont­stel en toe die hof vir tee­tyd ver­daag, het hy snik­kend by die hof­saal uit­ge­loop.

Hen­ri van B­re­da van­dees­week in die be­skul­dig­de­bank van die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad. Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.