Oue kruip weg toe seun dood­ge­skiet word

Beeld - - Nuss - Su­san Cil­liers

’n 81-ja­ri­ge vrou het ver­skrik on­der ’n ta­fel weg­ge­kruip ter­wyl haar seun Dins­dag­aand in hul plaas­huis na­by San­nies­hof dood­ge­skiet is.

Mag­da­leen G­rey­ling het nie seer­ge­kry nie, maar is erg ge­trau­ma­ti­seer, sê Carín Vis­ser, ’n vrien­din van haar skoon­dog­ter, Mar­let­te (57).

Mag­da­leen se seun, BC (59), ’n ge­lief­de boer in die om­ge­wing, is twee keer ge­skiet. Hy is ná die twee­de skoot dood.

Hy is in die bors ge­skiet. Mar­let­te is ge­wond.

“Die dok­ter sê dis ’n won­der­werk dat Mar­let­te so lig daar­van af­ge­kom het,” sê Vis­ser, DA-kou­kus­lei­er in die San­nies­hof-om­ge­wing.

Die koe­ël is by haar reg­ter­blad in en aan die lin­ker­kant van haar maag uit son­der om haar hart, lon­ge of be­lang­ri­ke are te tref. ’n Rib is ge­breek.

Mar­let­te word in die An­n­cron­hos­pi­taal in K­lerks­dorp be­han­del.

Sy is vol­gens Vis­ser ge­trau­ma­ti­seer, maar vra men­se moe­nie die aan­val en moord ge­bruik om ras­se­haat aan te wak­ker nie.

“Sy vra men­se moet ’n gees van vre­de en ver­gif­nis hê, an­ders dien dit geen doel dat hul­le hier­deur moes gaan nie.”

Die po­li­sie soek nog na die aan­val­lers, maar die G­rey­lings se ge­steel­de Toyo­ta Hi­lux-bak­kie is Dins­dag laat­nag in die Ot­tos­dal-om­ge­wing ge­vind.

Vis­ser sê drie ge­mas­ker­de mans het Mar­let­te, BC en Mag­da­leen 19:35 oor­val ter­wyl hul­le ge­sit en eet het.

“BC het ’n slag teen een van die ven­sters el­ders in die huis ge­hoor. Hy het gaan on­der­soek in­stel en hom in die ro­wers vas­ge­loop.”

Mar­let­te is rond­ge­ruk en -ge­pluk. Sy is ge­dwing om die kluis oop te sluit waar­uit hul­le drie sel­fo­ne en wa­pens ge­vat het. “In die pro­ses is sy ge­skiet.” Mar­let­te het on­danks haar be­se­rings na haar skoon­ma gaan soek. Sy het haar on­der ’n ta­fel ge­vind waar sy weg­ge­kruip het.

“Mar­let­te het ook hulp op haar sel­foon ont­bied, maar BC was reeds dood toe die vei­lig­heids­men­se mi­nu­te la­ter by die huis aan­kom,” sê Vis­ser.

“Sy is baie ge­liefd in die ge­meen­skap en lag al­tyd.

“Jy hoor haar nog voor­dat jy haar sien. BC was plat op die aar­de en het in goeie ver­hou­dings ge­glo. Hy sou nooit iets slegs van ’n an­der sê nie.”

BC het met ska­pe, bees­te en ge­saai­des ge­boer op die fa­mi­lie­plaas so­wat 12 km bui­te San­nies­hof.

Hy en Mar­let­te se twee oud­ste seuns, Ger­hard en Ma­ri­us, boer in Ka­na­da.

Hul­le land mô­re­aand op die O.R. Tam­bo-lug­ha­we in Kemp­ton Park.

Die jong­ste, Chris­to, boer na­by Ot­tos­dal.

“Ek het op 28 A­pril ’n klein­kind in Aus­tra­lië ge­kry en Mar­let­te se klein­dog­ter is die­self­de dag in Ka­na­da ge­bo­re,” sê ’n hart­seer Vis­ser.

“Ons is uit­ge­le­wer op die pla­se, die po­li­sie het een­vou­dig nie die ka­pa­si­teit om ons te be­skerm nie.”

BC en Mar­let­te G­rey­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.