Roed­tan­boer nog in waak­een­heid

Beeld - - Nuss - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die boer wat Maan­dag in ’n plaas­aan­val bui­te Roed­tan in Lim­po­po in die bors ge­skiet is, word steeds in die waak­een­heid van die P­ho­lo­so­hos­pi­taal in Po­lo­kwa­ne be­han­del.

Sam Li­ver­sa­ge (68) is vol­gens sy seun, Wil­lie, in ’n be­sten­di­ge toe­stand.

“Ons is baie dank­baar dat dit goed gaan met hom.

“Dit kon so­veel er­ger ge­wees het.”

Sam se vrou, Mei­sie, is nie be­seer nie.

Bin­ne ure is drie mans in heg­te­nis ge­neem.

Boe­re en spoor­sny­ers van die He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG) het paaie om die plaas af­ge­sper, pri­va­te he­li­kop­ters het na die ro­wers help soek en die po­li­sie se fo­ren­sie­se een­heid het die plaas vir lei­dra­de ge­fyn­kam.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der, sê die drie mans sal van­dees­week in die land­dros­hof in Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) ver­skyn op aan­klag van ge­wa­pen­de roof, huis­braak en po­ging tot moord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.