Be­skul­dig­de vrees vir le­we

Zep­ha­ny be­toon me­de­lye met ou­ers

Beeld - - Nuss - S­han­tel Mo­ses Ja­na B­rey­ten­bach.

Die moord op die driejarige Court­ney Pie­ters het haar ge­noop om haar stil­swye te ver­breek, het Zep­ha­ny Nur­se gis­ter ge­sê.

Nur­se (20), wat as drie dae oue ba­ba uit die Groo­te S­chuur­hos­pi­taal ge­steel is, het haar me­de­lye met Court­ney se ma, Ju­a­ni­ta, gaan be­toon.

’n 40-ja­ri­ge man wat Court­ney glo op 4 Mei in haar ou­er­huis ver­krag en ver­moor het, het gis­ter in die land­dros­hof in Good­wood, Kaap­stad, ver­skyn.

Die hof het ge­hoor hy vrees vir sy le­we en gaan voor­lo­pig nie om borg­tog aan­soek doen nie.

Die ver­rig­tin­ge is tot 24 Mei uit­ge­stel.

Court­ney was ne­ge dae ver­mis na­dat sy op 4 Mei laas le­wend ge­sien is. Haar lyk is tus­sen vul­lis in die ny­wer­heids­ge­bied in Ep­ping ge­vind.

“Ek kan aan­klank vind by haar sto­rie,” sê Nur­se. “Ek is ook ont­voer en ek kan my nou net in­dink deur wat­ter pyn my ou­ers moes ge­gaan het. Al die par­tye gaan steeds deur ’n har­de, pyn­li­ke tyd.

“Ek weet hoe die fa­mi­lie nou moet voel. Nie­mand was voor­be­reid daar­op nie. Dis pyn wat net op jou af­ge­stoot is.”

Nur­se sê Moe­ders­dag was die moei­lik­ste.

“Daar is nie ’n vin­ni­ge op­los­sing nie. Die mees­te van die tyd leef ek vir die dag. My ma (groot­maak­ma) sal al­tyd deel wees van my le­we.”

Nur­se sê sy is jam­mer dat Court­ney se ou­ers hul kind nie le­wend te­rug­ge­vind het nie.

“As fa­mi­lie kan jul­le daar­deur kom. Jy moet sterk wees. Jy gaan jou kind mis, maar jy sal

hier­deur kom. Ek vind aan­klank by jul ver­haal, want ek het my ma deur al­les ver­loor,

wel nie fi­siek nie, maar ek het haar ver­loor.”

Nur­se sê sy het ook ’n dog­ter­tjie

en vrees vir haar le­we. “Ek moes vir my dog­ters se ont­hal­we uit my dop kruip. Om ’n

kind te ont­voer is so ver­keerd. Ek het da­rem die ge­leent­heid om ná al­les te kan op­staan en aan te gaan met my le­we.”

■ Ts­he­po Ma­ny­e­ki (32) het gis­ter in die land­dros­hof in K­lerks­dorp ver­skyn na­dat die ver­bran­de lyk van die 15-ja­ri­ge Nom­buyi­se­lo Nom­beu Son­dag in ’n s­tuk veld in die towns­hip Jou­ber­ton ge­vind is, be­rig Su­san

Cil­liers. Hy sal na ver­wag­ting op 29 Mei om borg­tog aan­soek doen.

Die DA het gis­ter ’n be­to­ging bui­te die hof ge­re­ël.

■ San­di­le Ka­gi­so Mant­soe (27) moet weer op 24 Mei in die land­dros­hof in Jo­han­nes­burg ver­skyn weens die moord op sy mei­sie, Ka­ra­bo Mo­koe­na (22).

Haar ver­bran­de lyk is ein­de ver­le­de maand in ’n s­tuk veld in Lynd­hurst, Jo­han­nes­burg, ge­kry.

’n Ge­denk­diens is gis­ter in Diep­kloof, So­we­to, ge­hou.

■ Die ver­hoor van Ho­ward O­li­ver (28), wat Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger (16) na be­we­ring in die To­kai-bos in Kaap­stad ver­krag, ver­moor en be­roof het, is gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad tot 6 Ju­nie uit­ge­stel om­dat hy ’n nu­we regs­ver­teen­woor­di­ger het, be­rig

Court­ney se ou­ers, Aa­ron Fou­rie en Ju­a­ni­ta Pie­ters, gis­ter in die land­dros­hof in Good­wood, Kaap­stad, waar die driejarige se ver­meen­de ver­krag­ter en moor­de­naar ver­skyn het. Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.