Herrie oor sek­sis­tie­se, kru plak­ka­te by Tuks

Beeld - - Nuss - And­rea K­ü­sel

Dins­dag­og­gend het vrou­e­stu­den­te aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) teen ver­krag­ting be­toog. Die aand het man­stu­den­te plak­ka­te met kru sek­su­e­le aan­mer­kings by die ser­rie­kom­pe­ti­sie om­hoog ge­hou, soos die tra­di­sie glo is.

Die vrou­e­stu­den­te, som­mi­ge met kaal bo­ly­we, is op die Hat­field-kam­pus be­sig met ’n week lan­ge ak­sie teen ver­krag­ting.

Hul­le be­toog om­dat die u­ni­ver­si­teit nie ge­noeg doen om ver­krag­ting aan ban­de te lê nie, sê een van dié vroue.

“S­tu­den­te aan die UP word week­liks ver­krag. Slag­of­fers moet op kam­pus tus­sen oor­tre­ders rond­loop en die u­ni­ver­si­teit doen niks daar­aan nie,” be­weer sy.

Die ver­krag­tings­kul­tuur word ge­nor­ma­li­seer deur voor­val­le soos dié by die ser­rie, sê dié stu­dent.

Fe­ze­ki­le M­si­mang, ’n UP-stu­dent en fo­to­joer­na­lis wat Dins­dag­aand die uit­dun­ron­de van die UP se ser­rie-kom­pe­ti­sie by­ge­woon het, sê dit is tra­di­sie om die plak­ka­te op te hou.

Aan­mer­kings op die plak­ka­te was in die trant van: “Kan ek ’n ba­ba in jou sit?”, en: “Wys my jou t **** ”.

“On­ge­luk­kig is die ser­rie al ja­re so. Of die an­ti-ver­krag­ting­be­to­ging plaas­ge­vind het of nie, dit sou ge­beur het. Hul­le doen dit al baie ja­re om­dat dit ‘tra­di­sie’ is.”

Hen­ri­co Bar­nard, voor­sit­ter van die UP se ty­de­li­ke stu­den­te­raad, sê plak­ka­te is wel tra­di­sie, maar van­jaar het dit te ver ge­gaan. Nor­maal­weg skryf die mans­kos­hui­se iets oor by­voor­beeld die vrou­e­kos­huis se dans­ver­to­ning, sê hy.

Li­ne Fer­rei­ra, pri­ma­ria van die Ma­de­lief-vrou­e­kos­huis, sê

in die ver­le­de was die plak­ka­te al veel er­ger. Daar was al prent­jies van man­li­ke ge­slags­de­le op. Deel­ne­mers het dit nooit erns­tig op­ge­neem nie.

“Ek is al drie jaar in die kos­huis en weet al wat om te ver­wag. Ons weet die ou­ens jo­ke net en nog nie een mei­sie het al by my kom kla nie.”

Bar­nard sê die ty­de­li­ke stu­den­te­raad wil hê die u­ni­ver­si­teit moet on­der­soek in­stel.

Ri­kus Del­port, UP-woord­voer­der, het gis­ter ge­sê die u­ni­ver­si­teit stel on­der­soek in na of die fo­to’s wat op so­si­a­le me­dia ge­plaas is wel Dins­dag­aand ge­neem is en of UP-s­tu­den­te wel be­trok­ke is.

Die u­ni­ver­si­teit het vol­gens hom geen klag­tes ont­vang nie.

Hy sê ver­krag­ting is nie ’n pro­bleem by die u­ni­ver­si­teit nie. Die af­ge­lo­pe jaar is net so­wat drie klag­te van sek­su­e­le ge­weld of teis­te­ring ont­vang en al­mal is da­de­lik on­der­soek.

Fo­to: FE­ZE­KI­LE M­SI­MANG

Mans wat glo s­tu­den­te aan die UP is, hou Dins­dag­aand plak­ka­te met kru aan­mer­kings ten ty­de van ’n ser­rie­kom­pe­ti­sie vas. Die fo­to is ge­ma­ni­pu­leer om die kru woor­de on­sig­baar te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.