Gr. 2’tjie ver­krag: 2 vry­ge­spreek

Beeld - - Nuss - Han­nes Kru­ger

Twee van die vier gr. 7-seuns wat daar­van be­skul­dig is dat hul­le ’n gr. 2-mei­sie in ’n seuns­toi­let by ’n skool in Rand­burg ver­krag het, is in ’n tug­pro­ses vry­ge­spreek.

Die tug­pro­ses het ver­le­de Don­der­dag be­gin, het Ou­pa Bo­di­be, waar­ne­men­de woord­voer­der van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment, gis­ter ge­sê.

“Die aan­be­ve­ling is dat die (an­der twee) leer­lin­ge uit die skool ge­sit word.

“Die mei­sie se ou­ers het ’n saak by die po­li­sie aan­han­gig ge­maak en die seuns het op

8 Mei in die hof ver­skyn. Die twee­de ver­sky­ning was op 16 Mei.”

Vol­gens Bo­di­be het die mei­sie die voor­val nie da­de­lik aan­ge­meld nie, maar eers la­ter by haar ou­ers oor pyn ge­kla.

“Sy is toe na die dok­ter ge­neem vir die no­di­ge on­der­soek en die dok­ter het be­ves­tig dat sy ge­pe­ne­treer is. Die ou­ers het die skool van die ver­wik­ke­lin­ge, wat in die skool­va­kan­sie plaas­ge­vind het, in­ge­lig en die skool het die le­de van die be­heer­lig­gaam in­ge­lig.”

Al­le ge­af­fek­teer­de leer­lin­ge is na die Ted­dy Be­ar-kli­niek ver­wys vir siel­kun­di­ge on­der­steu­ning.

Kapt. Wal­ter S­pen­cer, po­li­sie­woord­voer­der, sê die voor­val het op 4 A­pril plaas­ge­vind.

Bo­di­be sê die de­par­te­ment duld nie sek­su­e­le ge­weld nie en “hui­wer glad nie om streng op te tree as die be­skul­dig­des skul­dig be­vind word nie”.

Prof. El­da de Waal, on­der­wys­reg­ken­ner aan die Noord­wesU­ni­ver­si­teit se Edu-Rig­ht-na­vor­sing­sen­ti­teit, sê al­le sko­le moet hul toe­sig­roos­ters on­mid­del­lik op­skerp. “Sko­le moet baie vin­nig erns­tig tyd daar­aan af­staan om hul roos­ters vir ter­rein­toe­sig op te skerp. El­ke skool ken sy brand­pun­te waar die on­ge­rymd­he­de plaas­vind. Skerp die erns daar­van op om sig­baar­heid op die ter­rein te ver­hoog.”

Vol­gens De Waal is dit ook be­lang­rik dat toe­sig­hou­ers moet bly tot aan die ein­de van die skool­dag tot­dat al die leer­lin­ge se ou­ers hul­le kom haal het. Sy sê sy ver­staan dit is baie werk, maar baie be­lang­rik. “Daar moet de­fi­ni­tief by ’n la­er­skool toe­sig ge­hou word tot­dat die laas­te leer­lin­ge kom haal is. Dit is die moei­te werd om el­ke leer­ling te be­skou as ’n di­a­mant en om nie vir die kind kwaad te word as die ver­voer laat is en/of die ou­er nie op­daag nie.”

Dr. Jaco De­a­con, ad­junk­hoof van die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as), sê men­se moet in ag neem dat e­ni­ge plek waar jou kind is ’n vei­lig­heids­ri­si­ko in­hou. “As ’n mens kyk na die ge­tal kin­ders teen­oor die ge­tal on­der­wy­sers, is dit on­moont­lik om die heel­tyd o­ral toe­sig te hou.”

Hy sê die voor­val by die la­er­skool in Rand­burg is skrik­wek­kend en moes nooit ge­beur het nie. Om so ’n voor­val in die toe­koms te voor­kom moet sko­le daar­op fo­kus dat die ou­er en jon­ger leer­lin­ge a­par­te speel­ter­rei­ne en bad­ka­mers het. “As die skool geld het, be­hoort ka­me­ras ook op­ge­rig te word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.