Ne­pal kan on­wet­ti­ge klim­mer ver­ban

Beeld - - Nuss -

Die Suid-A­fri­kaan­se rol­prent­ma­ker wat E­ve­rest son­der ’n per­mit pro­beer klim het, word in Ne­pal aan­ge­hou.

Ry­an Se­an Da­vy (43) het hom Dins­dag aan die Ne­pa­le­se de­par­te­ment van toe­ris­me in Kat­man­doe oor­ge­gee. Die po­li­sie on­der­vra hom nou en daar is op sy pas­poort be­slag ge­lê.

Hy word nie meer toe­ge­laat om met die me­dia te praat nie.

Da­vy het Dins­dag op Fa­ce­book ’n vi­deo van sy reis ge­plaas en men­se vir hul “on­der­steu­ning en aan­spo­ring” be­dank.

“Ek is weer eens reg­tig jam­mer oor al­mal wat ver­troue in my ver­loor het om­dat ek nie my doel be­reik het nie, maar wees ge­rus dat ek ’n ma­nier sal vind om dit te doen,” skryf hy.

Per­mit­te om E­ve­rest te mag klim, kos so­wat R144 000

($11 000) per per­soon en dié geld word ge­bruik vir berg­red­dings­eks­pe­di­sies en om klim­toue te span.

Da­vy kan met by­na R290 000 ($22 000) be­boet en vir tot vyf jaar ver­ban word.

Ne­pal se toe­ris­me­de­par­te­ment het van­jaar al ’n re­kord van 371 per­mit­te aan berg­klim­mers uit­ge­reik.

Meer klim­mers is waar­skyn­lik van­jaar toe­ge­laat om­dat tal­le men­se nie in 2014 en 2015 kon klim nie.

Da­vy, wat tus­sen Los An­ge­les en Jo­han­nes­burg vir ver­fil­mings­werk pen­del, het vroe­ër op sy web­werf, Soul Sum­mi­ter, ge­sê hy is ’n “pu­ris” en hy wou die berg son­der steun of suur­stof pak.

Hy het glo nog nooit ’n berg naas­ten­by so hoog soos E­ve­rest (8 848 m) ge­klim nie.

Amp­te­na­re het hom ver­le­de week Dins­dag in ’n grot teen die berg, meer as 6 096 m bo see­vlak, ge­vind. Hy is toe be­veel om van die berg af te kom.

“Ek het geen i­dee wat die uit­ein­de van die saak sal wees nie,” skryf hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.