Ma­ri­ka­na­vroue se stem ge­hoor

‘Dok­kies kan ver­an­de­ring bring’

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Die stem­me van die vroue van die N­ka­neng-ne­der­set­ting na­by Ma­ri­ka­na in Noord­wes kan ge­hoor word in ’n nu­we SuidA­fri­kaan­se dokumentêre rol­prent, S­tri­ke a Rock.

Waar Re­had De­sai se veel­be­kroon­de dok­kie Mi­ners S­hot Do­wn die ge­beu­re volg wat ge­lei het tot die dood van 34 sta­ken­de myn­wer­kers in 2012 by Lon­min se Ma­ri­ka­na-myn, fo­kus die jong rol­prent­ma­ker A­li­ki Sara­gas op die vroue wat ná die tra­ge­die steeds om ge­reg­tig­heid vir hul ge­sin­ne veg.

Die rol­prent o­pen die in­ter­na­si­o­na­le En­coun­ters-fees van dokumentêre rolprente wat van 1 tot 11 Ju­nie in ver­skeie lo­ka­le in Kaap­stad en Jo­han­nes­burg aan­ge­bied word. Daar­na gaan die fliek wys by die S­hef­field­in­ter­na­si­o­na­le fees van dokumentêre rolprente in En­ge­land.

P­rim­ro­se Son­ti en T­hu­me­ka Mag­wang­qa­na, twee lei­ers in die ge­meen­skap, ver­tel hier hoe hul­le daag­liks veg om be­hui­sing, lo­pen­de wa­ter en ba­sie­se ge­sond­heid­sorg vir hul men­se. Son­ti is tans ’n par­le­ments­lid vir die EFF.

Hoe­wel die Ma­ri­ka­na-slag­ting wê­reld­wyd in die kol­lig was en wyd ge­kri­ti­seer is, het Sara­gas ge­voel baie stem­me is nog nie ge­hoor nie.

“Stem­me van die sterk vrou­e­lei­ers en van die ge­meen­skap wat die myn om­ring, was nie deel van die ver­haal­lyn nie. On­danks die in­ter­na­si­o­na­le aan­dag vir Re­had De­sai se fliek Mi­ners S­hot Do­wn, die on­der­soek en mas­sa-ak­ti­vis­me wat ná die slag­ting ge­volg het, het die le­wens­om­stan­dig­he­de van die Ma­ri­ka­na-ge­meen­skap ag­ter­uit­ge­gaan.”

S­tri­ke a Rock is ’n ty­di­ge sto­rie oor die be­lang­ri­ke wet­li­ke ver­plig­tin­ge jeens die ge­meen­skap wat nie na­ge­kom word nie.

“Ek dink dit is hoe­kom die fliek so­veel aan­dag trek van oor­se­se fees­te. Dit wys ’n sterk vrou­e­lei­er­skap wat op­staan teen die on­ge­reg­tig­heid, nie net oor die slag­ting nie, maar ook oor dít wat dit voor­af­ge­gaan en ge­volg het.”

Sara­gas het drie jaar aan die fliek ge­werk en baie maan­de saam met P­rim­ro­se, T­hu­me­ka en die vrou­e­groep Sik­ha­la Son­ke deur­ge­bring. “Die twee ou­mas het die tra­ge­die ge­sien en dwing ons om te be­sef dat die ver­haal nie ver­by is nie.”

Sy be­skryf S­tri­ke a Rock as ’n in­tie­me fliek wat die vroue se stem­me op die voor­grond plaas. “Só word dit per­soon­li­ke po­li­tiek. Dit is ’n sto­rie van hoe die vroue hul stem ge­kry het, hoe hul­le hul krag ont­dek het en hoe hul­le op­ge­of­fer het en pro­tes­teer. Dit is ook ’n sto­rie oor vriend­skap, sis­ter­hood en die be­lang­rik­heid van saam­staan ty­dens ramp­spoed.”

Sara­gas is ook die ver­vaar­di­ger van die fliek saam met Li­a­ni Maas­dorp en A­ni­ta K­han­na en glo dat dokumentêre rolprente baie be­lang­rik is in dié kom­plek­se en storm­ag­ti­ge tyd, nie net in Suid-A­fri­ka nie, maar ook in die wê­reld.

“Dit het ’n uit­wer­king dank­sy die rol­prent­for­maat en kan só in­houd oor maat­skap­li­ke ge­reg­tig­heid bloot­lê. Dit kan ver­an­de­ring bring.”

Sy is ook baie be­trok­ke by die pas­ge­stig­te S­wift (Sis­ters Wor­king in Film and Te­le­vi­si­on), ’n Suid-A­fri­kaan­se or­ga­ni­sa­sie wat hul­le be­y­wer vir die on­der­steu­ning van vroue in die rol­prent­be­dryf.

Voorts ont­wik­kel sy haar eie ver­vaar­di­gings­maat­skap­py, Ela­fos Pro­ducti­ons, en be­y­wer haar daar­deur vir die ver­tel van sto­ries oor vroue, voor én ag­ter die lens.

■ Die rolprente word ver­toon in Ci­ne­ma Nou­veau, Ro­se­bank, en die Bi­o­sco­pe in Jo­han­nes­burg; en in Kaap­stad in die Ci­ne­ma Nou­vea V&A Wa­ter­front, die Ber­tha Mo­vie Hou­se in K­haye­lit­sha en in die La­bia.

T­hu­me­ka Mag­wang­qa­na, een van die vroue van die na­by­ge­leë Won­der­kop­ge­meen­skap wat veg om ge­reg­tig­heid ná die Ma­ri­ka­na­slag­ting, kyk na Lon­min se Ma­ri­ka­na­pla­ti­num­myn in die ver­te.

A­li­ki Sara­gas, re­gis­seur van S­tri­ke a Rock.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.